Local sportSport

Hoërskool Wonderboom vereer Avril Malan

Die Hoërskool Wonderboom het een van hul beroemdste oud leerlinge vereer tydens Saterdag se VirSeker Beker rugbywedstryd tussen dié skool en Hoërskool Montana.

Die rugbywedstryd tussen die eerstespanne van Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Montana het die afgelope naweek feestelik begin toe die 80-jarige gewese Springbok kaptein, Avirl Malan, voor en tydens dié wedstryd deur sy Alma Mater vereer is.

Malan het in April vanjaar 80 jaar oud geword en hy was die eerste van vyf Springbokke wat Wonderboom sedert hul stigting in 1949 opgelewer het. Hy was in 1955 die hoofseun van dié skool teen die hang van die Magaliesberg in Pretoria se Moot.

Gaste by die geleentheid het aan Malan se lippe gehang toe hy vertel het van sy skooldae by Wonderboom. Dit was veral interessant dat daar in sy skooljare nog geen heining om die skool was nie en hy het vertel dat hulle as skoolkinders soms die berg hul speelterrein gemaak het.

Hy het ook verskeie staaltjies uit sy rugbydae vertel en veral die groot verskil tusen die hedendaagse professionele era en sy eie speeldae beklemtoon.

Malan, wat deesdae in Centurion woon, het na sy skooljare in Stellenbosch gestudeer. Daar het hy as 20-jarige reeds vir die WP rugby gespeel. Nadat hy sy studies vortooihet, het hy as ingenieur in Johannesburg gewerk, waar hy ook vir die destydse Transvaal rugbyspan uitgedraf het. Hy het as transvaal speler in 1960 Springbok geword. Tussen 1960 en 1965 het hy in 16 toetse vir Suid-Afrika gespeel, terwyl hy die Bokke ook tien keer op die veld gelei het.

In 1965 het Malan op 28-jarige loopbaan uit rugby getree, maar steeds betrokke bebly as afrigter en administrateur. In 1969 en 1970 het hy die Springbokke vir agt toetse afgerig, onder andere ook op die berugte betogertoer na Brittanje.

Na ’n formele funksie voor Saterdag se VirSeker Beker wedstryd tussen Wonderboom en Montana het Malan die speelveld besoek, waar hy en die skoolhoofde die twee eerstespanne ontmoet het. Hy het aan die kapteins elkeen ’n das geskenk, terwyl Wonderboom se spelers ook aan hom ’n spesiale pet oorhandig het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button