Plaaslike veerpylspelers soek titels by nasionale kampioenskap
Gauteng Noord se beste veerpyltjiespelers is eersdaags in aksie in die nasionale kampioenskap wat in Durban aangebied gaan word.
Die 25ste nasionale veerpyltjie kampioenskap vind eersdaags in Durban plaas.
Die Tshwane-span handhaaf ’n besonder goeie rekord in hierdie kampioenskap en vanjaar is daar weer baie sterk spanne gekies om dié provinsie te verteenwoordig.
Gauteng-Noord sal by die kampioenskap verteenwoordig word deur vier spanne. Die mans- en dames assosiasie spanne bestaan uit Pretoria se beste veerpyltjiespelers, terwyl daar ook twee distrik-spanne na Durban sal reis om Gauteng-Noord te verteenwoordig.
Tshwane se dames span is verlede jaar as nasionale kampioen gekroon, terwyl die dames pare-span ook die wenners van hul afdeling was. Die pare-span het bestaan uit Vossie Oosthuizen en Essie Mapike.
Oosthuizen, een van die uitblinkers in die dames span, is reeds gekies vir die nasionale Protea-span wat in September vanjaar aan die wêreldkampioenskap in Japan gaan deelneem.
Daar word ook ’n goeie vertoning verwag van die plaaslike mans spanne, wat spog met puik individuele spelers. Les Francis, kaptein van die Gauteng-Noord distrikspan en ook predident van Gauteng-Noord Veerpyltjies en Ricky Pretorius (bestuurder) het Suid-Afrika onlangs verteenwoordig by die Afrika Meesters Kampioenskappe (ouer as 50 jaar) in Namibie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

