Local sportSport

Jong plaaslike atleet as wêreldkampioen gekroon

Die ster atleet van Afrikaans Hoër Meisiesskool, Zeney van der Walt, is die afgelope naweek as wêreldkampioen gekroon in die 400m hekkies.

Zeney van der Walt van Pretoria het verlede week by die IAAF o.18 Wêreld Atletiekkampioenskap in Nairobi, Kenia gewys waarom sy as een van die belowendste jong atlete in Suid-Afrika beskou word.

Van der Walt is as wêreldkampioen gekroon toe sy die goue medalje in die 400m hekkeis vir meisies in ’n puik tyd van 58.23 sekondes gewen het. Sy het atletiekkenners beïndruk met haar vasbyt-vertoning teen haar vernaamste teenstander, Sanique Walker, van Jamaika.

Die Jamaikaanse atleet het in die pylvak nog voorgeloop, maar toe sy haar ritme effens verloor en die laaste hekkie raaktrap, het Van der Walt haar kans benut met ’n skitterende eindpoging. Die graad 11 leerling van Afrikaans Hoër Meisieskool het verby Walker geskiet om 0.04 sekondes voor haar oor die wenstreep te hardloop.

“Ek het nie verwag om te wen nie, maar in die pylvak het ek gevoel ek het nog baie energie en ek het druk op haar probeer uitoefen. Toe sy oor die laaste hekkie sukkel het ek my kans gebruik,” het Van der Walt agterna gesê.

Hierdie prestasie van dié jong ster bring haar nog ’n stap nader aan haar droom om Suid-Afrika by die Olimpiese Spele van 2020 in Tokio, Japan, te verteenwoordig.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button