Local sportSport

Laerskool meisie van Pretoria laat die oë rek op die atletiekbaan

Mandilenè Hoffmann van Pretoria se prestasies op die atletiekbaan dui daarop dat sy ’n toekomstige Paralimpiese ster kan wees.

Die 13-jarige Mandilenè Hoffmann, ’n leerling van die Laerskool Voorpos in Pretoria, is besig om atletiekkenners te beïndruk met haar prestasies as veldatleet.

Hoffmann is ’n gestremde atleet in die F44-kategorie, maar haar prestasies in gewigstoot, diskus en spiesgooi, dui daarop dat sy nog diep spore gaan trap op die atletiekbaan en dat sy een van Suid-Afrika se Paralimpiese Sterre kan word.

Dié graad sewe leerling is in 2015 gediagnoseer met ’n seldsame sindroom naamlik EZH2 Overgrowth syndrome, wat tot gevolg het dat haar spiere, ligmente en bindweefsel nie kan byhou by die snelle groei van die bene in haar liggaam nie. Dit het tot gevolg dat die patellas in beide haar knieë permanent gedislokeer is.

Op die ouderdom van agt jaar het Hoffmann verskeie operasies ondergaan aan haar regter knie om die probleem te herstel. Die operasies was egter ’n mislukking en het gelei tot senuwee- en spierskade. Daarna het sy nie weer die volle gebruik van haar regterknie gehad nie, terwyl daar ook ander komplikasies by die res van haar been ingetree het.

Hoffmann is boonop na die operasies met erge skoliose gediagnoseer, wat beteken dat sy sowat 20 uur per dag ’n rugstut moet dra.

Dié moedige meisie het egter nie toegelaat dat hierdie terugslae haar atletiekloopbaan beëindig nie. Sy het verlede jaar by die Isability Sport Club aangesluit en hard begin werk om haar vaardigehde in gewigstoot, diskus en spiesgooi te verbeter.

In haar heel eerste seisoen as gestremde atleet neem Hoffmann deel by ’n nasionale byeenkoms vir gestremde atlete in Bloemfontein en daar word sy die Suid-Afrikaanse o.16 rekordhouer (F44 kategorie) in gewigstoot en diskus. Sy verbeter by dié byeenkoms ook die nasionale o.16 rekords in albei items, al het sy op 13-jarige ouderdom deelgeneem.

By die amptelike nasionale kampioenskap vir gestremde atelete, wat vroeër vanjaar in Port Elizabeth plaasgevind het, neem Hoffman steeds as 13-jarige deel en sy verbeter haar eie Suid-Afrikaanse o.16 rekords in gewigstoot en diskus.

Haar afstand van 22.94m in die diskus is goed genoeg om te kwalifiseer vir deelname aan die wêreldkampioenskap wat later vanjaar in Londen sal plaasvind, maar weens die feit dat Hoffmann nog nie 14 jaar oud is nie, sal sy nie aan hierdie kampioenskap kan deelneem nie.

Ten spyte van hierdie terugslag lyk dit egter of atletiekliefhebbers nog baie van Mandilenè Hoffmann gaan hoor. Wie weet, dalk sien ons haar in 2020 by die Paralimpiese Spele in aksie.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button