Local sportSport

Pretorianer wen goud by Para Wêreld atletiekkampioenskap

Manie Blom, ’n persoonlike afrigter by ’n gimnasium in Montana, is Pretoria se nuutste atletiek wêreldkampioen.

Suid-Afrikaanse atlete het vanjaar weer puik prestasies behaal by die Para Atletiek Wêreldkampioenskap wat in Londen in Engeland aangebied is.

Manie Blom van Pretoria was een van hierdie uitblinkers met sy goue medalje in die diskus item vir atlete in die F12 kategorie vir medium visuele gestremdheid. Blom het dié item gewen met ’n nuwe byeenkomsrekord van 51,16 meter. Hy het ook aan die gewigstoot item deelgeneem, waar hy ’n agtste plek verwerf het.

Hy beklee na sy prestasie in Londen die eerste plek op die wêreldranglys as diskusatleet in die F12 kategorie.

Nadat hy normaal gebore is het Blom se sig weens ’n genetiese afwyking op die ouderdom van 10 jaar stelselmatig begin verswak. Hierdie terugslag het hom egter nie van styk gebring nie en hy het selfs op skool steeds voortgegaan om op die atletiekbaan uit te blink.

Blom se belowende atletiekloopbaan het ’n dekade gelede ’n terugslag beleef,  maar hy het in 2014 weer volstoom begin oefen. ’n Jaar later is hy aangewys as Sportman van die Byeenkoms by die Nasionale Para Atletiekbyeenkoms in Johannesburg ná ’n puik vertoning in die diskus-item. Sedertdien het hy nóg twee titels gewen by dié nasionale kampioenskap.

Hy was een van die ongelukkige atlete wat verlede jaar se Paralimpiese Spele misgeloop het weens die feit dat die diskus item in sy kategorie (F12) nie aangebied is nie. Hy hoop steeds dat dié situaise sal verander en dat hy sy huidige titel as wêreldkampioen in 2020 met ’n Paralimpiese medalje sal kan opvolg.

Intussen wil hy ook meer aandag gee aan sy gewigstoot vertonings, aangeisen hy in dié item ’n beter kans het om in Japan aan die Paralimpiese Spele te gaan deelneem. Hoewel hy tans die Afrika rekordhouer (F12) in gewigstoot is, is sy agtste plek by die wêreldkampioenskap ’n aanduiding dat hy heelwat sal moet verbeter om ’n medalje kandidaat in 2020 te wees.

Die 31-jarige persoonlike afrigter by ’n groot gimnasium in Montana het vroeër vanjaar ook die prestasie behaal om in die sesde plek te eindig by die Suid-Afrikaanse Senior Atletiek-kampioenskap saam met nie-gestremde atelete.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button