Local sportSchool sportSport

Laerskoolmeisies blink uit in AHMP se ‘Fast 5’ netbaltoernooi

Laerskoolmeisies is onlangs vir die eerste keer aan die ‘Fast 5’ formaat van netbal bekendgestel by ‘n toernooi wat deur Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria eengebied is.

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) het onlangs ’n unieke ‘Fast 5’ netbaltoernooi  vir laerskool spelers aangebied.

Netbalspelers van elf top laerskole in Pretoria, asook Laerskool Randhart in Johannesburg, was deel van die aksie.

Sover bekend was dit die eerste keer dat laerskool netbalspelers blootgestel is aan hierdie gewilde formaat van die spel.

Dié opwindende formaat van netbal groei tans wêreldwys in gewildheid. Wedstryde in dié formaat is korter as in gewone netbal, terwyl spanne slegs met vyf spelers elk deelneem.  In teenstelling met gewone netbal mag afrigters in die ‘Fast 5’ formaat ook instruksies aan hul spanne gee van die kantlyn af, terwyl onbeperkte plaasvervangers gedurdende wedstryde gebruik kan word.

Doelskieters kan in hierdie formaat ook meer punte vir hul span aanteken as hulle daarin kan slaag om doele van buite die aangewese doelgebied te skiet.

Kenners was dit eens dat uitstaande netbaltalent by die toernooi in aksie gesien is. Die laerskoolmeisies het gou aan die nuwe reëls gewoond geraak en die uitdaging om doele te skiet van buite die gewone doelgebied het hulle ook nie geïntimideer nie.

Uiteindelik is Laerskool Menlopark se span as wenners van die toernooi aangewys. Hulle het Randhart in die eindstryd met 15-12 geklop. Verskeie individuele toekennings is ook gemaak. Carla du Plessis van Menlopark is as die beste speler by die toernooi aangewys.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button