Local sportSport

Sterk Loftus 200 span aangewys vir stryd teen Valke

Die Loftus 200 klub het ‘n sterk span uit Carltonbeker klubspelers gekies om die professionele span van die Valke Saterdag in ‘n voorwedstryd op Loftus Versfeld aan te durf.

Die Blou Bulle Rugby-unie het Vrydagmiddag by Loftus Versfeld die Loftus 200 amateurspan aangekondig wat Saterdag in ‘n voorwedstryd teen die professionele Curriebeker span van die Valke gaan uitdraf kort voor die Bulls se SuperRugby wedstryd teen die Jaguares.

Loftus 200 is ‘n bekende klub wat deur sakemanne en oud Bloubul spelers in stand gehou word en hul  span, wat op uitnodiging-basis saamgestel word, was in die verlede ‘n gereelde instelling tydens voorwedstryde vir die Blou Bulle. Dié span was altyd bekend vir sy sprankelrugby in die Barbarian-styl.

Die Loftus 200 span sal Saterdag na meer as twee dekades herleef. Dit is een van die inisiatiewe van die Blou Bulle se nuwe president, Willem Strauss, om amateurrugby uit te bou. Strauss het met dié inisiatief vorendag gekom nadat SA Rugby besluit het om die bekende provinsiale amateurtoernooie, waarin klubrugby spelers in hul unies se provinsiale kleure gespeel het, af te skaf.

Die span wat die Valke Saterdag sal aandurf bestaan slegs uit spelers van ABE Midas Naka Bulle en Quins-Bobbies (QBR). Volgens Strauss word daar later in die seisoen nog ‘n wedstryd vir die Loftus 200 span beplan, wat dan weer slegs uit spelers van Centurion Rugbyklub en Tukkies saamgestel sal word.

Hierdie 2018 weergawe van die Loftus 200 span word geborg deur Just Victorious Living (JVL) en ABE Midas.

Saterdag se Loftus 200 span word afgerig deur die oud Springbok en Bulls kaptein, Victor Matfield. Hy word bygestaan deur Gert Mulder van QBR en Marinus van der Watt van ABE Midas Naka Bulle, terwyl die oud Springbok vleuel, Akona Ndungane, as spanbestuurder sal optree.

Strauss het by die bekendmaking van die span gesê hy beskou Saterdag se wedstryd teen ‘n baie sterk span van die Valke as ‘n nuwe era vir amateurrugby in Pretoria. Hy het aan die spelers gesê dat dié wedstryd vir elkeen van hulle ‘n geleentheid kan wees om raakgesien te word. Dit kan aan hulle ‘n voet in die deur gee om moontlik deur ‘n Curriebeker unie nadergetrek te word, wat weer moontlikhede sal inhou van ‘n geleentheid in die professionele arena.

Saterdag se Loftus 200 span is: 15. Jacobus Botha, 14. Pule Sibya, 13. Christopher Hollis, 12. Anton Bestwick (kaptein), 11. Frans Botha, 10. Jean Grobler, 9. Johan Pretorius, 8. Dylan van der Walt, 7. Vince Gwavu, 6. Ian van Deventer, 5. Jean van der Westhuizen, 4. Carling Forward, 3. Ig Prinsloo, 2. Johan Pieterse (onderkaptein) en 1. Nico van den Heever. Plaasvervangers: Attie Joubert, Ruan Grundling, Jean Pike, Riekert Korf, Jan-Hendrik Bosman, Ettienne Storm, Jacques le Roux en Ruan du Preez.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button