Local sportSport

Plaaslike toutrekkers presteer

Sewe lede van die Gauteng-Noord toutrekspan is gekies om Suid-Afrikaanse spanne te verteenwoordig by die wêreldkampioenskap, wat binnekort in Kaapstad plaasvind.

Toutrek is bekend as een van die mees uitdagende sportsoorte ten opsigte van tegniek, asook die fiksheidsvereistes vir deelnemers.

Hoewel toutrek vir dekades reeds nie meer as Olimpiese sport gereken word nie, is dit steeds baie gewild onder alle kulture oor die wêreld en in sommige lande is dit eeue lank al deel van kulturele feesdae. Dit word ook steeds op georganiseerde wyse as amptelike sportsoort beoefen en Suid-Afrika is bevoorreg om vanjaar die wêreldkampioenskap aan te bied.

Dié sport is gesond in Pretoria, soos die prestasies van die Gauteng-Noord toutrek span by die onlangse nasionale kampioenskap getuig.

Gauteng-Noord Toutrek kon ná die kampioenskap spog met silwer medaljes in beide die 560kg en 640kg afdelings.

Sewe lede van die Gauteng-Noord span het die nasionale keurders ook beïndruk en dié manne is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die wêreldkampioenskap, wat van 19 tot 22 September in Kaapstad sal plaasvind.

Vyf lede van die Gauteng-Noord span is gekies in die nasionale Protea span, terwyl twee van die jonger spanlede gekies is om as deel van die Suid-Afrikaanse Gazelle ook aan die ope-afdeling by die wêreldkampioenskap deel te neem.

Gauteng-Noord Toutrek is gesetel by Toutrekpark in 14de laan, tussen Nico Smith- en Frederikastrate in Rietfontein. Belangstellendes kan Oosie Oostuizen skakel by 083-675-1366 vir meer besonderhede.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button