Local sportSport

Garsies weer uitgeskakel ná nederlaag in Virseker Beker halfeindstryd

Garsfontein se rugbyseisoen is Saterdag beëindig toe hulle in die Virseker Beker halfeindrondte teen Monument verloor het.

Die Hoërskool Garsfontein se eerste rugbyspan is Saterdag op hul tuisveld vir die tweede agtereenvolgende jaar deur Hoërskool Monument in die halfeindstryd van die Virseker Beker toernooi uitgeskakel.

Hierdie twee skole het vanjaar weer in die halfeindstryd teen mekaar te staan gekom en Monnas het verlede jaar se vertoning herhaal, deur Garsies se Bere redelik maklik met 45-14 te klop.

Die Wesranders se maklike oorwinning was ‘n verrassing, aangesien Garsfontein hulle vanjaar in die ligafase oortuigend geklop het én bo Monument op die punteleer geëindig het. Monnas het egter Saterdag die bordjies verhang met ‘n kragvertoning en hull he ses keer te gaan druk, terwyl die tuisspan slegs twee keer agter die doellyn kon gaan kuier.

Monument sal dus eerskomende Saterdag in die Beker-afdeling van die Virseker Beker reeks in die Tuks Rugbystadion teen Helpmekaar Kollege te staan kom, nadat die Johannesburgers hul halfeindstryd teen Transvalia van die Vaaldriehoek in ‘n spannende stryd met 34-33 gewen het.

Helpmekaar sal vir die eerste keer in ‘n eindstryd in die top liga van die toernooi speel, nadat hulle onder die nuwe krag-teen-krag indeling vanjaar teen die sogemaande Makroskole gekompeteer het.

Helpies se vertoning bewys dat die nuwe stelsel meer regverdig is, nandat hulle vir jare die sogenaamde Grootskole liga oorheers het. Dié spogskool uit Johannesburg se onder-16 en onder-14 spanne het ook na die eindstryd deurgedring.

Garsfontein het tydens Saterdag se halfeindstryde nie ‘n goeie dag beleef nie, aangesien hul onder-16 span ook uitgeskakel is. Dié span is deur hul eweknieë van Helpmekaar naelskraaps met 27-26 geklop.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button