Almal welkom by Hollandia se vlugbal toernooi
Die Hollandia sokkerklub bied eerskomende Saterdag ‘n vlugbal toernooi aan en almal is welkom om deel te neem.

Dis steeds ‘n ronde bal, maar hierdie keer is die doel om dit óór die net te kry in plaas van ín die net, terwyl spelers hul hande moet gebruik – in direkte teenstelling met sokker.
Terwyl die Hollandia Sokkerklub se lede gewoond is om ‘n ronde bal te skop, gaan hulle op Saterdag 25 Augustus eerder daarna slaan.
Dié klub bied Saterdag ‘n vlugbal (volleyball) toernooi op die klubterrein op die hoek van 22ste laan en Louis Trichardstraat aan. Hulle nooi alle belangstellendes om spanne van ses lede saam te stel en te kom deelneem aan die toernooi.
Spotspanne, skole, klubs en sosiale verenigings of kergroepe – almal is welkom om in die pret en aksie te kom deel. Dit maak nie saak of die span kompeterend kan meeding of net sosiaal wil speel nie, almal kan die dag kom geniet.
Die aksie sal om 09:00 begin.
Belangstellendes kan Marissa by 082-419-3082 skakel.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
