Local sportSport

Die Groot Trap vier fietsryers se terugkeer na die pad

Nadat fietsryers, soos baie ander sportmanne, die afgelope twee jaar swaargekry het onder die Coved regulasies, kan hulle eersdaags uitsien na ’n splinternuwe wedren wat in die Ooste van Pretoria aangebied sal word.

Na deeglike ondersoek en uitgebreide konsultasie met verskeie belanghebbendes, het die Tshwane Verkeersdepartement ‘n nuwe fietswedren, Die Groot Trap, se roete onlangs gefinaliseer.

Die Groot Trap, word aangebied deur GROOTfm 90.5 en vind op 3 April vanjaar by Sun Arena Time Square plaas.

Die wedren bied afstandsopsies oor 105km en 75km aan vir die ryers. Inskrywings is nou oop op www.cycleevents.co.za en beperk tot 2 500 fietsryers. Enigiemand kan deelneem aan die wedren, insluited CSA gelisensiëerde veterane en elite ryers, sowel as ryers met ‘n gewone CSA affiliasielisensie.

Die verkeersdepartement en Die Groot Trap se roetedirekteur, Patrick Smit, het die afgelope twee weke verkeersladings- en vloei op verskeie paaie in Pretoria-Oos gemonitor en ook met sakeondernemings geskakel. Daarna is besluit op ‘n aangepaste roete vir die tweede helfte van die wedren.

In plaas daarvan om terug te keer na Pretoria met die M30 vanaf Bapsfontein, sal jaers regs draai in met die M6, wat later Lynwood-weg word.

Die wedren sal uit Lynwood-weg links draai in Solomon Mahlangu en dan regs in die M30 (Garstfontein-laan). Kort voor Time Square draai jaers regs in January Masilela en links in Aramis-laan om die eindpunt te bereik met Time Square aan die een kant en Menlyn Maine aan die ander.

Hierdie Sun Arena Time Square omgewing sal die begin- en eindpunt van die wedren wees, te midde van ‘n lekker kuier-atmosfeer ten aanskoue van verskeie restaurante by Menlyn Maine.

Die Tshwane Verkeersdepartement se operasionele plan behels die ontplooing van ‘n reuse-getal verkeersbeamptes op die roete. ‘n Totaal van  125 statiese wedrenbeamptes van Lenick Promotions word ook ontplooi.

Die verkeersdepartement maak ook 20 motorfietsryers en 10 voertuie beskikbaar om groepe te begelei. Daarbenewens sal 25 motorfiets-begeleiers van die Road Rangers Safety Initiative ook groepe begelei.

Vir die volledige roetekaart- en omskrywing gaan na die inskrywingsblad by  https://www.cycleevents.co.za/road-events/die-groot-trap-2022/#more-26613

Die wedren se logistiek en roetebeheer word hanteer deur De Villiers National Cycling en Lenick Promotions, met die deurwinterde wedrendirekteur, Wynand de Villiers aan die spits.

De Villiers het  oor die afgelope 22 jaar ‘n verskeidenheid wedrenne tot stand gebring en bestuur, insluitend die Emperors Palace Classic, Satellite Classic, Berge en Dale, Jock Toer, Tour du Cap, Boland 100 Miler en die Montecasino Classico.

“Lenick Promotions en De Villiers National Cycling implimenteer ons beproefde model van roetebeheer op Die Groot Trap. Ons werk nou saam met die Tshwane Verkeersdepartement en ons span het ‘n merkwaardige begrip van die kragte wat inwerk op ‘n roete en wat dit behels om ‘n veilige ry-omgewing vir fietsryers te skep,” het De Villiers verduidelik.

Die 105km roete is heuwelagtig en uitdagend, maar binne bereik van die meeste fietsryers wat bereid is om te oefen en goed voor te berei. Die totale styging in hoogte bo seespieël op die 105km roete is 1100m.

Die 75km is ‘n lekker prettrap wat haalbaar is vir almal, mits jy darem ‘n fiksheidsvlak in ‘n sportsoort handhaaf. Die totale styging in hoogte bo seespieël op die 50km roete is 840m.

Registrasie vind plaas by Time Square en dit gaan gepaard met ‘n Fietsry-Ekspo op Donderdag 31 Maart (09:00 – 16:00), Vrydag 1 April (09:00 – 16:00), en Saterdag 2 April (09:00 – 15:00).

Vir meer inligting en om in te skryf, gaan na www.cycleevents.co.za of skakel Lenie Smit by die wedren kantoor by 083 534 7979 of lenickpromotions@gmail.com

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button