Local sportSport

Garsies bevestig hul oorheersing van plaaslike seuns-hokkie

Hoërskool Garsfontein se seuns hokkie eerstespan is onlangs op baie merkwaardige wyse vir die vierde jaar agtereenvolgens as die Pretoria Cup kampioen gekroon.

Hoërskool Garsfontein se seuns-hokkie eerstespan het onlangs dié skool se oorheersing van dié sport in Pretoria bevestig, toe hulle die Pretoria Cup vir die vierde jaar agtereenvolgens gewen het.

Wat hierdie prestasie nog meer uniek en merkwaardig maak is die feit dat die Garsies inderwaarheid teen hulself moes speel om die kampioen te word.

Garsfontein se tweedespan het ook aan hierdie liga deelgeneem en in die proses met twee ander skole se eerstespanne afgereken om vir die eindstryd te kwalifiseer. Toe hul eerstespan óók vir die eindstryd kwalifiseer, moes dié twee spanne dus sake uitspook om die Pretoria Cup kampioen te bepaal.

Die twee spanne van Hoërskool Garsfontein wat onlangs teen mekaar moes speel in die eindstryd van die Pretoria Cup, poseer saam met hul afrigters vir ‘n foto. Links is die tweedespan in blou en regs is die eerstespan, wat as kampioen gekroon is, in wit.
Foto: Verskaf

Hierdie merkwaardige prestasie vir Garsfontein se seuns-hokkiespanne is ’n goeie getuienis vir die harde werk van die skool se hokkie-direkteur, Steven Paulo, en die senior afrigter, Declan Brunnette.

Hulle albei glo ook dat dié prestasie selfs groter kameraderie onder die skool se hokkiespelers gebring het, hoewel hulle teen mekaar moes speel in ’n liga-eindstryd.

Hoewel dit eindstryd opwindend en baie taai was, het die eerstespan uiteindelik as wenners uit die stryd getree om as kampioen gekroon te word.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button