Local sportSport

Nuwe veerpyltjie klub wil dié sport se status herstel

Hoewel die Moot Veerpyltjievereniging slegs een jaar oud is, groei dié klub – wat mans-, vroue- en junior spanne akkomodeer – vinnig en vaar hulle besonder goed in die liga waarvan hulle deel is.

Veerpyltjies word oor die algemeen beskou as ’n sosiale sport wat tuis of iewers in ’n kroeg tussen vriende gespeel word.

Tog is daar reg oor die wêreld spelers wat dié spel baie ernstig opneem. Dink maar aan die Britse tiener,  Luke Littler, wat onlangs in die nuus was toe hy die eindrondte van die veerpyltjie-wêreldkampioenskap gehaal het en om vir die wenprys van £500000 (rofweg sowat R11 500 000) te kompeteer.

Maar nie almal wat die spel op georganiseerde vlak speel, wil professionele veerpyltjiespelers word nie.  Neem nou byvoorbeeld die lede van die Moot Darts Assosiation (Moot Veerpyltjievereniging), ’n  jong klub wat verlede jaar op die been gebring is. Hulle is beslis kompeterend, maar vir hulle is dit meer die ontspanning en die kameraderie wat maak dat hulle graag by die klubhuis wil uitkom om deel te neem.

“Ons beskou veerpyltjies beslis as ’n gesinsport,” het Marchant Janse van Rensburg, president van die klub aan Rekord tydens ’n onlangse besoek aan die klub gesê.

Die klub is gevestig in die gebou van die Innesdal Ontspanningsklub op die hoek van Nico Smit straat en 18e laan.  Die saal waar daar veerpyle gegooi word en wat toegerus is met 25 veerpyltjie borde, is só ingerig dat kinders van alle ouderdomme ook lede kan word en daarom is daar verskeie gesinne wat weekliks saam hierdie gewilde sport beoefen.

Hoewel die Moot Veerpyltjievereniging nog skaars ’n jaar oud is, het hulle reeds meer as 80 aktiewe lede, wat aan senior mans- en dames ligas, sowel as ’n junior liga deelneem. Die klubs in hierdie liga is versprei oor die hele Gauteng.

Dinsdag-aande is bekend as ope-aande en enigiemand is dan welkom om in die aksie te deel en saam te speel. Donderdae is dit tyd vir liga bedrywighede en dan speel slegs geaffilieerde lede in amptelike wedstryde. In beide gevalle begin die aksie om 19:00.

Die Moot Veerpyltjievereniging het besonder vinnig opgang gemaak in hul liga en is reeds na ’n hoër “Blok” gepromoveer, nadat hulle verlede jaar landwyd tweede in hul liga geëindig het.

Daar word vandeesmaand (April) weer Gauteng proewe gespeel, terwyl spelers van die klub wat kwalifiseer in Junie vanjaar weer Bloenfontein toe sal reis vir die nasionale kampioenskap.

Janse van Rensburg glo daar is nog groot moontlikhede vir groei by die klub en nooi graag alle belangstellendes om aan te sluit.

Enige verdere navrae kan gerig word aan die skakelbeampte, Renier Botha, by 072-616-9501.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button