Centurion verloor onoorwonne status in Carltonbeker toernooi
Daar was oorgenoeg aksie en baie drieë in die afgelope naweek se Castle Carltonbeker klubrugbywedstryde, terwyl geen span na dese meer kan spog met ’n onoorwonne status in vanjaar se toernooi nie.
Met die sesde week van Castle Carltonbeker aksie wat die afgelope naweek afgehandel is, is daar nou amptelik nie meer enige onoorwonne span in die liga nie.
Centurion, wat tot verlede week die enigste onoorwone span was, het hul rieme behoorlik styfgeloop in Setaria in die Bosveld, toe Northam se Rhinos ’n vyftigtal teen die manne uit Pretoria se suide aangeteken het.
– Aan opwinding het hierdie wedstryd nie ontbreek nie. Hoe dan anders met 83 punte wat in 80 minute aangeteken is. Die Bosvelders het uiteindelik met 51-32 gewen.
Ten spyte van die hoë telling en baie drieë was dit ’n klipharde wedstryd, waarin geen genade gevra of gegee is nie. Die stryd tussen die twee makro pakke voorspelers was veral ’n lus vir enige fynproewer van voorspelerspel se oog.
Die besoekers het egter die vaste skrums oorheers en kan dalk met reg ongelukkig voel dat hulle daarvoor nie genoeg beloon is deur die skeidsregter nie.

Die eerste punte in hierdie wedstryd is eers na sowat ’n kwartier se aksie aangeteken toe Northam vanaf ’n lynstaan by die doellyn net een fase gedryf en daarna skielik wyd gespeel het.
Centurion se rekening is eers laat in die eerste helfte geopen toe hulle die tuisspan verras het deur vanaf ’n stafskop uit hul eie gebied aan te val in plaas van om te skop.
Teen rustyd was die Rhinos reeds met 24-12 voor, maar die eerste helfte was baie meer gelykop en die verskil was twee drieë teen die verloop van spel deur die tuisspan. Trouens, hoewel die telling dalk anders aandui, was daar in die algemeen werklik nie veel verskil tussen die twee spanne nie. Northam het egter meer gereeld gaan druk deur die tempo van die spel op te jaag en Centurion se verdediging dan oorhoops te vang.
Northam se laaste drie was ’n geskenk van die skeidsregter en een van sy lynregters, wie se oordeel hul in die steek gelaat het toe blatante opstruksie teen Centurion in ’n stafskop vir die tuisspan geëindig het.
Albert Bakker en sy manne het egter nie gaan lê nie en in die doodsnikke van die wedstryd ten minste een ligapunt verdien toe hul ’n vierde drie kon gaan druk.
– In die Moot het Naka Bulle hul eerste plek op die punteleer behou deur hul bure uit die weste, die Grizzlies van Tuine, met 52-20 te klop.
Die Grizzlies het teen hierdie tyd bewys dat hulle ’n moedige span is wat nooit ophou speel nie en daarvan hou om die bal die werk te laat doen. Dis nogal jammer dat hulle sonder ’n enkele ligapunt huis toe moes gaan.
Ongelukkig vir die manne uit die weste moes hulle hierdie keer met die krummels tevrede wees, want hulle het swaar geleef in die vaste fasette, veral in die skrums.
Naka Bulle het sommer in die eerste minuut van die wedstryd die telbord aan die gang gekry toe hulle met krag oorgedryf het van ’n lynstaan vyf meter van die doellyn. Die kaptein, Ruan (Bielie) Grundelingh was die man wat afgerond het.
Die tuisspan het daarna eenvoudig hul oorheersing voorlangs tot hul voordeel aangewend en hul vierde bonuspunt-drie is reeds na slegs 20 minute se spel gedruk.
Tuine se Grizzlies het hul positiewe ingesteldheid gewys toe hulle kort voor rustyd hul eerste drie gaan druk het deur die tuisspan met innovasie aan die slaap te vang deur ’n tikskoppie vyf meter van die doelyn wyd te speel in plaas van om ’n dryfbeweging te probeer uitvoer.
Direk van die afskop na rustyd het die besoekers wéér toegeslaan toe Naka Bulle nie die bal kon beheer nie.
Marinus van der Watt se manne het egter uiteindelik weer vier keer die doellyn gehaal in die tweede helfte, terwyl ’n opportunistiese drie deur Grizzlies se heelagter, Juandré Kleynhans, hul laaste punte was.
– In Skeerpoort het die

Foto: Facebook
, soos Centurion verlede week, die Tuks studente herinner dat die Castle Carltonbeker toernooi ’n vlak of twee hoër as Varsity Shield rugby is.
Die Wolwe het die studente met 32-24 geklop, wat beteken dat Tuks steeds onder aan die punteleer lê. Hul veldtog word egter nie makliker nie, want eerskomende naweek moet die Varsity Shield kampioen die ander Northam span – die Rhinos – op hul tuisveld in Hatflied ontvang.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.





