Plaaslike Para-atletiekster wen goud met nuwe wêreldrekord in Japan
Die Para-atletiekster van Pretoria, Simoné Kruger, het haar goue medalje in die diskus by die Para-Atletiek Wêrldkampioenskap in Japan self mooier laat blink toe sy dit gewen het deur ’n nuwe wêreldrekord op te stel.
’n Oud leerling van Hoërskool Garsfontein, Simoné Kruger, was weer een van Suid-Afrika se sterre by die Para-atletiek Wêrldkampioenskap in Kobe, Japan.
Die 19-jarige Kruger het nie net die afgelope naweek die goue medalje vir Suid-Afrika ingepalm in die diskus vir vroue (F38 kategorie) nie, maar sy het dit boonop gedoen deur haar eie wêreldrekord in hierdie item te verbeter.
【Congratulations!】
Women's Discus Throw F38 Final
🏆champion&new World Record🏆
Simone KRUGER(RSA)F38女子円盤投を世界新記録38m82で制したSimone KRUGER選手です!
amazing to see many people come to see us.
i love ramen. i tried the other night.
the atmosphere in the city is… pic.twitter.com/dC2AVU5pzG— 神戸2024世界パラ陸上競技選手権大会(Kobe2024 World Para Athletics) (@kobe2022wpac) May 25, 2024
Hierdie ster-atleet, wat onlangs vereer is as Suid-Afrika se gestremde vroue-atleet van die jaar, se nuwe wêreldrekord staan nou op 38,82m. Dis sowat ’n halwe meter verder as haar vorige rekord.
Twee Chinese deelnemers het die silwer- en goue medaljes in die item gewen.
Kruger het agterna aan die media gesê dat sy aanvanklik teleurgesteld was, aangesien haar eerste poging by die kampioenskap nie baie goed was nie. Sy was dus verbaas toe sy alles reg doen met haar tweede gooi, wat uiteindelik die wen-gooi was én die nuwe wêreldrekord opgelewer het.

Foto: Andries Kruger
Dit lyk of dié vriendelike Pretorianer, wat deur haar pa, Andies, afgerig word, nou dié rekord haar eie gemaak het, nadat sy dit ’n jaar gelede tydens die wêreldkampioenskap in Frankryk vir die eerste keer verbeter het. Sy is ook die Afrika rekordhouer.
Para-atlete wat onder die F38 katgorie resorteer het ’n lae vlak inkorting/waardevermindering van koördinasie en beweging wat die onderste romp en bene of die een kant of die hele liggaam affekteer.
19-years-old Simone Kruger 🇿🇦 betters her own world record from last year and takes the gold in the women's discus throw F38🥇(38.82).
📺 Watch live: https://t.co/OsPEatZvJQ
📊 Schedule & live results: https://t.co/mco1aiY7HU#ParaAthletics @kobe2022wpac @OfficialTeamRSA pic.twitter.com/rNRXjSXVYv— #ParaAthletics (@ParaAthletics) May 25, 2024
In Kruger se geval spruit haar gestremdheid uit ’n voorval toe sy reeds voor geboorte ’n beroerte gehad het. Dit het die deel van haar brein wat die metoriese vermoëns beheer, beskadig. Sy is dus gebore met ’n vorm van serebrale verlamming aan die een kant van haar liggaam. Dit beteken basies dat die spier-geheue aan die regterkant van haar liggaam verlore gegaan het in die proses.
Hierdie nuutste prestasie beteken dat daar nog een groot hekkie oor is vir Kruger op pad na ’n volmaakte seisoen, soos sy dit vroeër vanjaar uitgespel het tydens Atletiek SA se toekenningsgeleentheid, waar sy as Gestremde vroue-atleet van die Jaar aangewys is. Sy het toe gesê dat sy mik na goud by beide hierdie kampieonskap en die Paralimpiese Spele, wat later vanjaar in Parys sal plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
