Local sportSport

Knights jeugrugby klub weer bedrywig

Dis weer tyd vir jeugklub rugby en die Knights Jeugrugbyklub in die ooste van Pretoria is slaggereed om die nuwe seisoen aan te pak.

Terwyl die Knights Rugbyklub, wat in die Ooste van Pretoria gesetel is, se senior spanne beide die afgelope naweek weer goeie oorwinnings behaal het teen die Highlanders van Eersterust, is die klub se jeugrugby organiseerders reeds besig om voor te bereid vir die nuwe seisoen.

Die Knights Jeugrugbyklub het onlangs reeds hul rugbyklinieke as voorbereiding vir die nuwe seisoen met ’n spesiale opedag kliniek afgesluit en as die skole eersdaags open sal die jeugklub seisoen ook op 13 Julie afskop.

Tydens die laaste kliniek het afrigters van die Ratel Rugby organisasie ook betrokke geraak om die klub by te staan met die afrigting van sommige vaardighede by die seuns.

John van Rensburg, bekende rugbykommentator, was ook by die opedag. Die bekende kuntenaar, Ghapi, wat deesdae ook bekend is as ’n fiksheid- en gesondheidsaktivis, terwyl hy boonop as voedingsaanvulling spesialis bedrywig is, was teenwoordig om raad te gee.

Hierdie opedag het plaasgevind op die sportterrein van die Curro Hazeldean Primary School in Silver Lakes laan, waar die klub se oefeninge en tuiswedstyde gaan plaasvind.

Die Knights Jeugrugbyklub maak voorsiening vir jeugspanne van o.6 tot o.19, wat deelneem aan die Blou Bulle se Jeugklub ligas. Dié klub is op sterk Christelike waardes gebou en hul leuse is “Vir die Gemeenskap, deur die Gemeenskap”.

Jeugklubrugby bied nie net aan jong spelers die geleentheid om na afloop van die skole-ligas hul seisoen te verleng nie, maar seuns kan ook in aanmerking kom vir verteenwoordigende spanne, waar hulle in die kleure van die Blou Bulle aan die jaarlikse interprovinsiale toernooi kan deelneem.

Vanaf 12 Julie sal die klub se spanne tussen die ouderdomsgroep o.6 tot o.13 op Vrydagaande om 18:00 tot 20:00 by Curro Hazeldean Primary School oefen en alle belangstellende spelers in hierdie ouderdoms-kategorieë, wat na afloop van die skoleligas hul seisoen wil verleng deur by jeugklub rugby betrokke te raak, is welkom om die oefeninge by te woon.

Hoërskool ouderdom spanne (o.14 toit o.19) sal by die Curro Hazeldean High School oefen.

Besoek gerus die klub se webwerf by www.knightssportsclub.co.za vir nog inligting of om jeugklub spelers aanlyn te registreer, tewyl navrae oor die Knights Jeugrugbyklub ook kan gedoen word by Sarel Nel by 072-523-5935.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button