Local sportSport

Springbok Vasbyt wedloop weer by Voortrekkermonument aangebied

Dis weer tyd vir die Afriforum Springbok Vasbyt padwedloop, wat jaarliksop die terrein van die Voortrekkermonument aangebied word.

Die Afriforum Springbok Vasbyt padwedloop vind hierdie jaar vir die 18de keer by die Voortrekkermonument plaas.

Die wedloop, wat vanjaar op Saterdag 13 Julie aangebied word, is ‘n instelling op die sportkalender van die Jakarandastad.

‘n Oorverdowende kanonskoot wat die begin van die aksie aankondig en die historiese roete van die wedloop is twee van die besondere kenmerke daarvan.

Die roete neem deelnemers verby ikoniese landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, Die Amfiteater en die Muur Van Herrinnering.

Hierdie taai wedloop toets ook elke jaar alle atlete, van die elite tot die spreekwoordelike agteros se vaardigheid en uithouvermoё. Deelnemers kom met alle denkbare hardloopopervlaktes in aanraking. Steil bulte, los klippe en skerp draaie dra tot moeilikheidsgraad van die wedloop by.

Weens die uniekheid van hierdie wedloop is  ‘n Springbok Vasbyt medalje ‘n waardevolle kleinnood in enige atleet se medaljeversameling.

Die wedloop, wat deur die Voortrekermonument Draf- en Stapklub aangebied word in samewerking met Afriforum, streef jaarliks daarna om gevalle helde van die Suid-Afrikaanse Weermag wat nie noodwendig altyd die gepaste erkenning vanaf owerheidsweë ontvang het, te gedenk.

Met die 2024 wedloop word hulde gebring aan ‘n lewende legend genaamd Arthur Piercy. Hierdie voormalige vergvlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugmag het vir meer as 10 jaar met onderskeiding aan die bosoorlog in Angola deelgeneem.

Aanlyninskrywings kan gedoen word by www.entryninja.com en sluit op 9 Julie 2023. Voorafinskrywings kan ook tot 11 Julie 2024 (16:00) by Run-Away Sport in Lynnwoodweg, sowel as by die Vootrekkermonument se inligtingskantoor gedoen word. Voornemende deelnemers sal hierdie jaar ook toegelaat word om die oggend van die wedloop vanaf 05:00 tot 07:00 vir die wedloop in te skryf.

Die Springbok Vasbyt word ook as ’n groen wedloop aangebied, wat beteken dat daar nie watersakkies by die waterpunte bedien sal word nie. Water sal wel op geselekteerde punte op die roete in grootmaat beskikbaar wees. Derhalwe word deelnemers aangemoedig om hul eie waterbottels saam te bring.  Meer inligting oor hierdie besondere wedloop kan verkry word by www.facebook.com/vtmklub of skakel 064 582 6664.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button