Local sportSport

Centurion gimnaste op pad na Malta vir internasionale kompetisie

’n Span gimnaste van die Centurion Gimnastiekklub neem hierdie week op die eiland Malta deel aan ’n internasionale GymStars gimnastiek klubkompetisie.

’n Span van 14 jong meisies-gimnaste van die Centurion Gimnastiekklub het Maandag na die eiland Malta in die Middellandse see vertrek om deel te neem aan ’n internasionale klub-spankompetisie.

Die span sal ook vergesel word deur vier beamptes, wat ’n spanbestuurder en afrigters insluit.

Carina Groothof, verteenwoordiger van die klub se borg, MediHelp (heel regs) saam met twee van die afrigters, Suzanne Rautenbach (links) en Madri Booyend (middel), wat die 14 meisies vergesel op hul toer na Malta, waar hulle aan ’n internasionale klubkompetisie gaan deelneem.
Foto: Koos Venter

Die GymStars Malta International Women’s Club Competition is al jare lank een van die mees prestigeryke artistiese gimnastiek klub-kompetisies in Europa en lok jaarliks byna 300 gimnaste van 17 klubs uit tien verskillende lande.

Deelnemers van die Centurion Gimnastieklub wissel tussen die ouderdomme 10 tot 16 en die meisies gaan die geleentheid kry om hulself op alle apparate teen internasionale teenstand te toets.

Sejal Rampathi, een van die Centurion Gimnastiekklub se lede wat ook na Malta gaan toer, ontvang haar verpersoonlikte rugsak van Carina Groothof, verteenwoordiger van die klub se borg, MediHelp.
Foto: Koos Venter

Dis die tweede keer dat ’n span van die Centurion Gimnastiekklub die geleentheid kry om aan hierdie kompetisie deel te neem en daar word verwag dat verskeie van hul gimnaste goeie prestasies behoort te lewer.

Groot opgewondenheid het laat verlede week by die klub geheers toe die meisies hul uitrusting van hul borg, MediHelp, ontvang het.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button