Local sportSport

Ramcat Fish terug met hengelfees vir gestremdes

Dis weer tyd vir gestremde hengelaars om langs die dam van die Irene Country Lodge lyne nat te maak tydens Ramcat Fish se jaarlikse spesiale hengelfees vir manne en vroue in rolstoele en ander gestremdes.

Hengel is waarskynlik die mees onderskatte sportsoort in Suid-Afrika in terme van die deelnemersgetalle.

Dít is ongetwyfeld een van die gewildste sportsoorte of sosiale tydverdrywe met ’n reuse gevolg oor die lengte en breedte van die land. Gaan kyk gerus na die belangstelling en meëlewing van heneglaars in offisiële en sosiale media publikasies oor hul sport.

Hoewel hengel ’n sport is waarin almal in die samelewing kan deel, is dit nie altyd so maklik vir gestremde persone om toegang tot hengelfasiliteite te vind nie. Hierdie feit is een van die groot redes waarom Ramcat Fish twaalf jaar gelede reeds begin het met hul hengelfeeste, wat twee keer per jaar aangebied word. Vroeg in die jaar is Ramcat Fish in Durban, waar gestremde hengelaars in die hawe hul lyne kan natmaak, terwyl hulle in die lentetyd die afgelope 12 jaar ’n hengelfees vir gestremde hengelaars in Irene (Centurion) aanbied.

Vanjaar is geen uitsondering nie en alle gestremde hengelaars kry op Sondag 6 Oktober weer die geleentheid om langs die dam by die Irene Country Lodge in Centurion hul lyne nat te maak en die katrolle te laat sing.

Elke hengelaar wat inskryf vir die fees kan deur ’n helper bygestaan word. Die dam by die Irene Country Lodge is baie toeganklik met geplaveide paadjies en onderdak parkering. Helpers kan die deelnemers bystaan om hul plek langs die dam in te neem, asook met die hantering van hengeltoerusting en ingooi van lyne.

Registrasie van deelnemers sal om 06:30 begin, terwyl die hengelaars ook met ontbyt en middagete onthaal sal word. ’n Kontantkroeg en verversings sal beskikbaar wees vir familielede van die deelnemers, besoekers en toeskouers.

“Dit is belangrik dat voornemende deelnemers vooraf bespreek, sodat ons die logistiek in orde kan kry ten opsigte van etes en ander reëlings,” het Gerard Smal, organiseerder van die fees aar Rekord gesê.

Volgens Smal benodig hulle ook vanjaar ekstra hulp met allerlei take rondom die logistiek van die dag en hy versoek vrywilligers om vooraf met hom te skakel.

Vir bespreking, aanbied van hul of ander navrae, skakel Gerard Smal by  081-754-8144.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button