Local sportSport

Noordelikes rugbyspelers help Bloubul Platteland-span tot oorwinning op Loftus

Die Blou Bulle Presidentsligaklubs se verteenwoordigende Bloubul Platteland-span het onlangs hul eerste wedstryd van die seisoen teen ‘n span van die Limpopo Blou Bulle op Loftus Versfeld gewen.

Daar bestaan die persepsie dat daar geen hoër louere bestaan vir klubrugby spelers wat in die Blou Bulle se laer ligas speel nie.

Dit is natuurlik onwaar. Hoewel dit dalk nie algemeen bekend is nie, kry uitstaande spelers van spanne in die unie se Presidentsliga wel jaarliks die geleentheid om met die Blou Bulle se geliefde madeliefie op die bors in ’n Bloubul trui te speel.

Die Bloubul Platteland-span, soos dié verteenwoordigende span bekendstaan, draf vanjaar in drie wedstryde uit. Hulle kom twee keer (weg en tuis) teen ’n verteenwoordigende klubspan van die Limpopo Blou Bulle te staan, terwyl hulle ook na Leeudoringstad gaan reis om daar teen ’n soortgelyke span van die Luiperds te speel.

Ses spelers van die Noordelikes Rugbyklub in Pretoria-Noord is vir hierdie span gekies, terwyl die klub se hoofafrigter, Dillan Hanafey, ook die Bloubul Plattepland-span sal afrig.

Die eerste van die wedstryde het reeds op 28 September op Loftus Versfeld plaasgevind as voorwedstryd vir die Bulls se Verenigde Rugby Kampioenskap-stryd teen Edinburgh. Die Blou Bulle se span het dié opwindende wedstryd met 50-42 gewen.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button