Local sportSport

Jukskeiklub het groot planne vir 2025

Die Silwerkroon Jukskei-klub is een van die mees aktiewe klubs van sy soort in Pretoria en by dié klub is daar geleentheid vir spelers op alle vaardigheidsvlakke om deel te word van die aksie en sosiale verkeer.

Hoewel jukskei, ’n waarlik Suid-Afikaanse sportsoort met sy wortels diep in hierdie land se geskiedenis geplant, tegnies ’n ingewikkelde sport kan wees, bied dit ook die geleentheid aan deelnemers om tot op hul oudag nog daaraan deel te neem.

Op die jukskeibaan kan oud en jonk aktief wees in die buitelug, terwyl die sosiale aspek van die sport ook lewenslange vriendskapsbande kan smee.

Hoewel daar aan ligas en georganiseerde toernooie soos die nasionale kampioenskap deelgeneem word, reël plaaslike klubs ook gereeld vriendskaplike wedstryde. Behalwe vir die geleentheid om kompeterend aan jukskei deel te neem, bied hierdie wedstryde boonop die kans om sosiaal met ander klubs se spelers te verkeer.

Een van die oudste jukskei-klubs in Pretoria is die Silwerkroon klub, wat reeds in 1980 gestig is toe jukskei-klubs nog as “laers” bekendgestaan het. Sedert 1998 staan Silwerkroon as volwaardige klub bekend, nadat dit deur die baanbrekers Don Basson en Wally Wallis hervorm is.

Hoewel dié klub vroeër hoofsaaklik eksklusief was vir inwoners van die Silwerkroon aftree-oord in Eloffsdal in die Moot, is enige belangstellende speler ouer as 50 deesdae welkom om by hul geledere aan te sluit.

Die klub beskik sedert die beginjare reeds oor hul eie bane op die terrein van die aftree-oord. Hoewel dit nog soms deur lede gebruik word, is dit weens logistieke redes nie vir amptelike wedstryde geskik nie. Om hierdie rede is die Silwerkroon Jukskeiklub deesdae gesetel by die bane van Gauteng-Noord Jukskei in 17e laan, Rietfontein.

Ernstige spelers van die klub neem gereeld deel aan die nasionale kampioenskap in Kroonstad, terwyl verteenwoordigers van Silwerkroon ook in aksie is by ander verteenwoordigende geleenthede soos die SA Meesters- en nasionale Senior Burger toernooie.

Oefentye vir belangstellendes wat deel van die Silwerkroon klub wil word is op Maandae en Donderdae vanaf 07:30 tot ongeveer 10:00 in die oggend. In die wintermaande begin die oefeninge ’n uur later.

Vanjaar is daar besluit om so veel as moontlik spelers van die klub in te skryf vir die nasionale kampioenskap in Kroonstad en daar word reeds fluks gevorder met fondsinsamelingsprojekte om dit moontlik te maak.

As deel van die klub se fondsinsamelingsprojekte word daar eerskomende naweek op Saterdag 15 Februarie ’n Valentynsdans aangebied by die Innesdal klub in 17e laan, Rietfontein. Alle belangstellendes is welkom om te kom deel in die feestelikheid van hierdie dans- en kuieraand. Skakel vir Itha Venter by 082-819-663 vir verdere besonderhede.

Voornemende nuwe lede wat deel wil word van die klub se jukskei-aksie en samesyn, kan Elize Claasen kontak by 083-434-5398.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to bennittb@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button