Local sportSport

Noord-Gauteng se Bulls oorheers Noordvaal stoeiliga

Die Bulls span van Noord-Gauteng Stoei het verlede week hul 21ste agtereenvolgende oorwinning behaal in die Noordvaal ligakampioenskap, waartydens hulle teen vier ander stoeiverenigings noord van die Vaalrivier meeding.

Noord-Gauteng Stoei se Bulls-span het verlede week weer gewys dat hulle steeds nie hul gelyke het in die Noordvaal streek nie.

Tydens die jaarlikse Noordvaal ligakampioenskap het dié span kop en skouers uitgestaan bo hul teenstanders van die ander vier stoeiverenigings noord van die Vaalrivier.

Hoewel die toernooi amptelik deur die Sedibeng Stoeivereniging (Vaaldriehoek) aangebied is, het dit plaasgevind in die Noord-Gauteng Stoeisaal in Menlopark, Pretoria.

Die Noord-Gauteng span, beter bekend as die Bulls, het hul oorheersing van hierdie ligabyeenkoms oor die afgelope jare herbevestig deur vir die 21ste agtereenvolgende jaar koning te kraai ná ’n dag van aksie op die soeimatte in Menlopark.

’n Span van 16 talentvolle stoeiers is gekies om Noord-Gauteng by die toernooi te verteenwoordig.

Die Bulls span van Noord-Gauteng Stoei tydens die Noordvaal ligakampioenskap.
Foto: Verskaf

Die Noord-Gauteng Bulls se oorheersing word beklemtoon deur die feit dat hulle amper tweemaal soveel punte versamel het tydens die kampoeskap as die span wat in die tweede plek geëindig het.

Die Bulls (60 punte) is gevolg deur die Valke van Ekurhuleni (39 punte), die Poemas van Mpumalanga (38 punte), die Leeus van Sentaal Gauteng (28 punte) en die Tiere van Sedibeng (4 punte).

Uitsonderlike individuele prestasies is ook aan die einde van die toernooi bekroon. Die volgende Noord-Gauteng stoeiers is aangewys as Kampioene van Kampioene: Luka Viljoen, Mika Wood, Tiaan Jansen van Rensburg, Juanro Nel, Lenerd van Schalkwyk, Juan Groenewald, Markus le Roux, Tiaan Boshoff, Mias Pienaar en Robert Hurn.

Hierdie oorwinning van die Noord-Gauteng span is volgens die bestuur van die vereniging ’n besliste getuienis dat hul resep van harde werk, toewyding en ’n onwrikbare spangees suksesvol is.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button