Local sportSport

Atlete maak gereed vir unieke wedloop by Voortrekkermonument

Die weer tyd vir die uitdagende Afriforum Springbok Vasbyt wedloop, wat op die terrein van die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied word.

Wat kan dan nou beter wees om die Pretoriase winterkoue te verdryf as om op ’n Saterdag oggend aan te tree vir die unieke Afriforum Springbok Vasbyt wedloop op ’n skouspelagtige roete op die erfenis-terrein rondom die Voortrekkermonument.

Dié gewilde wedloop met sy eiesoortige karakter, uitdagende bulte en erfenisviering vind vanjaar op Saterdag 11 Julie vir die 19de keer plaas. Die wedloop is al menigmaal op verskeie hardloopforums as een van die land se bestes aangewys.

Die Afriforum Springbok Vasbyt wedloop is ’n instelling op die sportkalender van die Jakarandastad met ’n  kanonskoot wat die atlete afsit as een van die unieke kenmerke daarvan.

Atlete word op die historiese roete verby ikoniese landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, die Amfiteater en die Muur van Herrinnering geneem. 

Een van die kenmerke van die Springbok Vasbuyt wedloop is datr atlete deur ‘n historiese ou kanon afgesit word. Foto: Verskaf

Die Springbok Vasbyt word as ’n groen wedloop aangebied, wat beteken dat daar nie watersakkies by die waterpunte bedien sal word nie. Water sal wel op geselekteerde punte op die roete in grootmaat beskikbaar wees. Derhalwe word deelnemers aangemoedig om hul eie waterbottels saam te bring. 

Hierdie taai wedloop toets ook elke jaar alle atlete – van die elite tot die spreekwoordelike agteros – se vaardigheid en uithouvermoё. Deelnemers kom met alle denkbare hardloopopervlaktes in aanraking en steil bulte, los klippe en skerp draaie dra tot moeilikheidsgraad van die uitdaging by. Derhalwe is ’n Springbok Vasbyt medalje ’n waardevolle kleinnood in enige atleet se medaljeversameling.

Die wedloop wat deur die Voortrekermonument Draf- en Stapklub in samewerking met Afriforum aangebied word, streef jaarliks daarna om gevalle helde van die Suid-Afrikaanse Weermag, asook burgerlikes wat weens terrorisme die hoogste prys moes betaal en nie noodwendig altyd die gepaste erkenning vanaf owerheidsweë ontvang het nie, te gedenk.

Atlete wat deelneem aan die Springbok Vasbyt wedloop by die Voortrekkermonument word op die historiese roete verby ikoniese landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, die Amfiteater en die Muur van Herrinnering geneem.
Foto: Verskaf

Met die 2026 wedloop word hulde gebring aan die eerste dier en sy hanteerder wat in die grensoorlog in die operasionele gebied in die Caprivistrook van die voormalige Suidwes-Afrika gesneuwel het. Die patrolliehond, Leeu, het op 30 Maart 1972 in ’n lansmynontploffing saam met Sersant Tjaart Riekert gesterf. Vele ander honde en perde het ook die hoogste prys betaal in die Grensoorlog, wat vanaf 1966 tot 1989 geduur het.

Die 21 kilometer halfmarathon en 10 kilometer wedlope spring om 07:30 weg met die gebruiklike openingseremonie wat sowat 15 minute voor die wegspring plaasvind. Daar is ook ’n vyf kilometer pretdraf wat om 07:40 begin.  

Aanlyninskrywings kan reeds gedoen word by www.entryninja.com en sluit op 8 Julie 2023, terwyl vooraf inskrywings tot 9 Julie 2024 om 16:00 by Run-Away Sport in Lynnwoodweg, sowel as by die Vootrekkermonument se inligtingskantoor gedoen kan word.

Atlete sal vanjaar ook toegelaat word om die oggend van die wedloop vanaf 05:00 tot 07:00 in te skryf. Meer inligting kan aanlyn verkry word by www.facebook.com/vtmklub of vtmraces@gmail.com of skakel 064 582 6664. 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button