Local sportSchool sportSport

Vier Garsies, twee Affies haal SA skole spanne

Ses spelers van die Blou Bulle se o.18 Cravenweek span het vir hoër louere in aanmerking gekom toe hulle vir die SA Skole en SA Skole “A” spanne gekies is.

Die Blou Bulle se o.18 Cravenweek span het gemengde sukses behaal by verlede week se Cravenweek toernooi, wat op die sportterrein van die Grey High School in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap aangebied is.

Ten spyte van die feit dat die Blou Bulle se span op die tweede dag van die aksie met 32-43 teen die Lions verloor het en dus op die laaste dag nie in aanmerking gekom het vir die hoof-wedstryd of selfs die hoof-voorwedstryd nie, is ses van die span se spelers beloon met hul verkiesing in die SA Skole en SA Skole “A” spanne, wat na afloop van die toernooi gekies is.

Garsfontein se uitstaande losvoorspeler, Stefan (Kwagga) van der Vyfer is na afloop van verlede week se Cravenweek toernooi gekies om vanjaar die SA Skolespan te verteenwoordig.
Foto: Frans Lombard

Twee spelers van Hoërskool Garsfontein, die vuurvreter flank Stefan (Kwagga) van der Vyfer en die vaskopstut, Ruben Lombard, is gekies vir die SA Skolespan. Die ander vier spelers, Charl Els (haker van Affies), Martin van Niekerk (slot van Affies), Ruan Fluks (losskakel van Garsfontein) en Drewyn Baron (heelagter van Garsfontein) is gekies om die SA Skole “A” span te verteenwoordig.

Cobus van Dyk, hoofafrigter van Hoërskool Waterkloof, wat ook by die Blou Bulle se Cravenweekspan as hulpafrigter betrokke was, is aangewys as hulpafrigter van die SA Skole “A”-span.

Die twee spanne sal hierdie week op Donderdag 16 Julie weer op Grey High School se veld teen mekaar speel.

Die Sharks oorheers die twee nasionale skolespanne met 15 spelers, terwyl die WP se bydrae tot die twee spanne 13 spelers is. Die Blou Bulle het die derde meeste spelers (6) in die twee groepe, gevolg deur die Leeus, OP en Cheetahs met vier spelers elk, SWD met drie spelers, die Pumas met twee spelers en een speler uit die Grens span. (Sien die volledige spanne van 2026 op Rekord se webwerf.)

Affies se woelige haker, Charl Els, is gekies vir die SA Skole “A”-span, wat vandeesweek teen die SA Skolespan sal speel.
Foto: Frans Lombard

– Geskiedenis is ook by vanjaar se Cravenweek toernooi gemaak toe daar besluit is dat die twee WP spanne (WP en die WP XV) teen mekaar sou speel in die hoofwedstryd op die laaste dag. Dis die eerste keer ooit wat so-iets gebeur en dié besluit van die organiseerders het behoorlik ’n knuppel in die hoenderkok gegooi, veral aangesien die WP toe hul “B”-span geklop het om hul titel as nie-amptelike “kampioen” van die toernooi vir die sewende jaar agtereenvolgens te behou. 

– Hoewel die Blou Bulle die derde meeste spelers vir die twee nasionale skolespanne opgelewer het, is dié prestasie effens swakker as verlede jaar, toe sewe jong Bulle vir hierdie twee spanne gekies is. In 2025 het die Blou Bulle vier SA Skole spelers (twee Affies en twee Garsies) opgelewer, terwyl drie Blou Bulle (een Affie, een Garsie en ’n speler van Pretoria Boys High School) vir die SA Skole “A”-span gekies is.   

SA Skole span:

Stutte:

Clement Makelele (Sharks, Kearsney College)

Matthew Prins (SWD, Outeniqua)

Ruben Lombard (Blue Bulls, Garsfontein)

Nic Salamousas (Sharks, Michaelhouse)

Hakers:

Theodorus Boshoff (Sharks, Maritzburg College)

Iglesias Bruiners (Sharks, Durban High School)

Slotte:

Lwandile Mlaba (Sharks, Westville)

Juvan Burden (WP, Stellenberg)

Jean Dreyer (WP, Paarl Gimnasium)

Glodi Tshipamba (Lions, Jeppe)

Losvoorspelers:

Nhlanhla Ndlovu (Sharks, Kearsney College)

Stefan van der Vyver (Blue Bulls, Garsfontein)

Jamie Wimble (Sharks, Northwood)

Jacobus de Villiers (SWD, Oakdale)

Skrumskakels:

Mickyle Booise (WP, Paarl Gimnasium)

Luke Doyle (EP, Graeme College)

Losskakels:

Travis Pheiffer (WP XV, Paul Roos Gymnasium)

Achmat Behardien (WP, Wynberg)

Senters:

Olwethu Kosani (Sharks, Maritzburg College)

Ethan Barker (WP, Paarl Gimnasium)

Erin Nelson (EP, Graeme College)

Tiaan Basson (WP, Paul Roos Gymnasium)

Buite agterspelers:

Ncuthu Kepe (Border, Queens College)

Lamla Mgedezi (Free State, Grey College)

Ethan van Biljon (WP, Stellenberg)

Luxolo Sonkononkono (Sharks, Westville)

SA Skole ‘A’ span:

Stutte:

Max Malan (WP, Paarl Boys’ High)

Aphelele Chamane (Sharks, Michaelhouse)

JW Coetzee (Free State, Grey College)

Priden Sibiya (Sharks, Durban High School)

Hakers:

Charl Els (Blue Bulls, Affies)

Charles Whitehead (WP, Paarl Gimnasium)

Slotte:

Werner de Bruin (WP, Paul Roos Gymnasium)

Akho Tonjeni (EP, Graeme College)

Martin van Niekerk (Blue Bulls, Affies)

Losvoorspelers:

Siphesihle Marule (Pumas, Middelburg)

Hendre van Zyl (WP, Paarl Gimnasium)

Linakho Mehlomakulu (WP, Rondebosch)

Niel du Randt (Free State, Grey College)

Luniko Marivate (EP, Kingswood College)

Skrumskakels:

Shaye Lourens (Lions, Helpmekaar)

Rufagon Hendricks (SWD, Outeniqua)

Losskakels:

Ruan Fluks (Blue Bulls, Garsfontein)

Jaydon Viljoen (Lions, Monument)

Senters:

Alex Jankowitz (Sharks, Michaelhouse)

Ruan Roux (Free State, Grey College)

Nathan Aneke (Sharks, Durban High School)

Buite agterspelers:

Anesu Kuzonyei (Sharks, Northwood)

Ruan Genis (Lions, Monument)

Amogelang Mataboge (Sharks, Durban High School)

Rhandzu Mkhabela (Pumas, Nelspruit)

Drewyn Baron (Blue Bulls, Garsfontein)

SA Skole bestuur

Hoofafrigter: Lwazi Zangqa

Hulpafrigter: Heinrich Martin

Hulpafrigter: Clinton van Rensburg (responsible for both teams’ defence)

Fiksheidsafrigter: Adriaan Jansen

Spanbestuurder: Mandla Mdaka

Spandokter: Dr Gershwin Kortje

Fisioterapeut: Rob Sims

SA Skole ‘A’ bestuur

Hoofafrigter: Flash Malinga

Hulpafrigter: Cobus van Dyk

Fiksheidsafrigter: Sihle Ndlovu

Spanbestuurder: Richard van Rensburg

Spandokter: Dr Gershwin Kortje

Fisioterapeut: Khanyisile Booi

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button