Local sportSport

Provinsiale Hunter Field Target skietkampioenskap buite Pretoria aangebied

Na puik vertonings deur plaaslike skuts by die onlangse Hunter Field Target skiet wêreldkampioenskap in Oos-Europa sal die kollig eerskomende naweek verskuif na die buitewyke van Pretoria, waar die Gauteng Ope kampioenskap in Kameeldrift Oos aangebied gaan word.

Hoewel die Suid-Afrikaanse span by die onlangse Hunter Field Target skiet wêreldkampioenskap geen medaljes kon inoes nie, het dié skuts hulself baie goed van hul taak gekwyt.

Vier van die skuts kon daarin slaag om onder die top 10 deelnemers in hul onderskeie afdelings te eindig. Die span is nie net oorheers deur skuts van Pretoria nie, maar die vier top presteerders is almal Pretorianers.

Suid-Afrika se top presteerder was Meegan Janeke, ’n skooldogter van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP). Tydens die finale gradering het sy vierde geëindig in die Junior (o.18) kategorie.

Chanté van der Merwe van Hoërskool Wonderboom het in dieselfde kategorie in die tiende plek geëindig.

Hunter Field Target (HFT) is ‘n presisie-luggeweersport waarin deelnemers ‘n baan deur natuurlike terrein navigeer en staal-teikens op wisselende afstande en hoeke aanpak.

Teikens val slegs om wanneer dit binne ‘n klein sogenaamde “kill zone” getref word, wat akkuraatheid eerder as krag beloon. Skuts kompeteer vanuit verskeie posisies. Dit sluit in staande, knielend en die lê-posisie (plat op die maag), wat elke skoot ‘n toets van konsekwentheid en beheer maak.

Die drie skooldogters van Pretoria wat verlede maand aan die Hunter Field Target skiet wêrelkampioenskap deelgeneem het. Van links is Sarita Kilian (AHMP), Chanté van der Merwe (Hoërskool Wonderboom) en Meegan Janeke (AHMP). Janeke het die beste van al die Suid-Afrikaanse skuts presteer.
Foto: Verskaf

Anders as talle hoë-impak skietsportsoorte, plaas HFT vaardigheid bo fisieke krag, wat dit ’n toeganklike en bevredigende sport maak vir skuts van alle ouderdomme.

Die ander twee top presteerders in die Suid-Afrikaanse span was Anette Janeke (negende in die dames-kategorie) en Carel Coetzee, wat in die veterane-kategorie ook negende geëindig het.

– Plaaslike Hunter Field Target skuts se aandag verskuif eerskomende naweek na die buitewyke van Pretoria, waar die Gauteng Ope kampioenskap deur die Gauteng Hunter Field Target Vereniging aangebied gaan word.

Die kampioenskap vind plaas oor twee dae op Saterdag 29 en Sondag 30 Augustus by die Sandonia Gholfklub in Kameeldrift-Oos. Die aksie sal daagliks om 08:30 begin.

– Die nasionale kampioenskap sal volg op 4 Oktober vanjaar en dit word by die Pabala Private Nature Reserve naby Humandorp in die Oos-Kaap aangied. Die Protea-span vir die 2027 seisoen sal na afloop van dié kampioenskap aangewys word.

Belangstellendes wat meer oor die sport of die kampioenskap wil weet kan met die vereniging per epos skakel by admin@sahfta.org.za

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button