Korrektiewe Dienste se baanbrekers hou reunie

1993 se Korrektiewe Dienste rugbyklub hou eersdaags groot reunie.

Die jaar 1993 was ’n baie besondere jaar vir die Korrektiewe Dienste rugbyklub van Pretoria. Dit was die jaar waarin hul eerste rugbyspan die Blou Bulle se gesogte Carltonbeker vir die eerste keer kon wen, toe hulle ’n sterbelaaide span van Polisie in die finaal geklop het.

Die Likkewane, soos dié klub oor die jare bekendgestaan het, wil hierdie groot gebeurtenis in hul geskiedenis vanjaar vier met ’n 20-jaar reunie vir die 1993 Carltonbeker spelers, afrigters, bestuur, ondersteuners en alle belangstellendes.

Die reunie word beplan vir 12 Oktober vanjaar en daarom word alle belangstellendes versoek om dringend met die organiseerders kontak te maak.

Navrae: Aby Oosthuizen by 082-464-4940 of abyoosthuizen@gmail.com.

Back to top button