Nuwe Metro-polisievoertuig in ongeluk
Nuwe metro-polisievoertuig het gerol op die R55.
’n Splinternuwe voertuig het Saterdag van die pad gerol toe ‘n metropolisie- beampte na bewering beheer oor die voertuig verloor het.
Die ongeluk het op die R55 naby Olifantfonteinsweg plaasgevind.
Verskeie pogings om kommentaar by Superintendent Isaac Mahamba, woorvoerder van metropolisie te kry, was onsuksesvol en teen druktyd is geen verdere inligting verskaf nie.
Dié voertuig was een van die drie werkende voertuie by die kantoor van die Lyttelton-metropolisie.
Rekord het verlede week berig oor die tekort aan voertuie by dié kantoor.
Ten spyte hiervan word ’n voertuig steeds 24 uur elke dag by ’n residensiële woning in Ruimteweg ontplooi.
‘n Ongeluk het Maandagaand op Eeufeesstraat, naby die Voortrekkermonument plaasgevind waar ’n voertuig onder ’n trok beland het.
Volgens ’n informant het die metro nie by die toneel opgedaag nie omdat daar geen voertuie by die kantoor beskikbaar was nie.
