Wolmer se kersfunksie

Helpende Hand se Akasia-tak beoog om hierdie jaar met die Wolmer kersfunksie meer as 1 500 leë mae te voer.

Helpende Hand se Akasia-tak beoog om vir die derde jaar ‘n feestelike kersfunksie aan te bied in Desember en so ook minderbevoorregtes van Wolmer en omliggende gebiede te voed.

Die Wolmer kersboom op 20 Desember by die Wolmersirkel in Jopie Fouriestraat in Pretoria-Noord gaan ‘n onvergeetlike aand wees met kersliedere, kersliggies en ‘n heerlike warm maaltyd. “Die organisasie gaan met hierdie funksie vir ongeveer 1 500 mense kos gee op die dag. Verder gaan ons 500 kospakkies en 260 skryfbehoeftepakkies aan skoolgaande leerlinge uitdeel,” het Irene Pelser, voorsitter van die Helpende Hand Akasia-tak, gesê.

Sy het bygevoeg dat daar vir die jongspan worsbroodjies, spookasem, springkastele, gesigverf en ook ‘n Kersvader gaan wees om vir hulle mooi herinneringe te skep.

Pelser het gesê dat die doel van die geleentheid is om die mense in die omliggende omgewing by te staan sodat hulle hul jaar ook kan afsluit op ‘n hoë noot.

“Die funksie word gehou vir die Wolmer-gemeenskap en ander plakkerskampe in en om Pretoria-Noord.”

Op 21 Desember gaan die organisasie die kospakkies aan minderbevoorregtes in Wolmer uitdeel. Pelser het verduidelik dat dié wat in Wolmer woon en wat ‘n kospakkie wil ontvang vanaf die eerste week in Desember aansoek moet doen by Helpende Hand se skenkingskantoor in Jopie Fouriestraat.

Volgens Pelser is dit die samewerking van die gemeenskap deur middel van skenkings gaan veroorsaak dat hierdie geleentheid ‘n reuse sukses is.

Vir enige navrae oor skenkings of die funksie skakel gerus Irene Pelser by: 084-609-4759.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button