Jong vlieënier verongeluk naby ouerhuis

Jong vlieënier se pa kom op sy lyk in vliegtuig wrak af.

Die vlieënier van die eenman-vliegtuig wat Vrydag in Pretoria-Noord neergestort het, het glo etlike meters van sy ouerhuis verongeluk.

Die pa van dié 23-jarige vlieënier , Jaco Smit, het Vrydag onwetend op die ongelukstoneel opgedaag om hulp te verleen toe hy op sy seun se lyk in die vliegtuig se wrak af gekom het.

Volgens die buurvrou van die gesin het dié 60 Agwagon-vliegtuig het reg agter haar kleinhoewe in Bultfontein neergestort.

“Ek het opgemerk dat die vliegtuig sukkel en skielik het hy neergeval. Ek het dadelik na die toneel gehardloop en ’n jong man in die wrak gesien,” Terresa Hood gese.

Sy het haar buurman, Jaco se  pa, om hulp geroep en toe hy op toneel kom het hy glo dadelik sy seun in die vliegtuig herken.

“Dit was baie erg gewees toe ons besef dat dit Jaco is. Ek het aanvanklik gedink hy lewe nog, maar het nie aan hom geraak nie. Ek het net probeer hulp kry. Die seun het regvoor my oë groot geword. Dit is so hartseer,” het Hood gesê.

“Ons het die polisie en ambulansdienste ontbied. Dit is ’n baie slegte ervaring en my hart is baie seer vir die familie,” het Hood gesê.

Volgens Konstabel Makgotso Mphenyeke, polisie woordvoerder, is dit nog onseker hoekom die vliegtuig geval het. Hulle is tans besig om die saak te ondersoek.

 

IMG_20140124_164631 (1)

Jaco se pa was nie in staat om dadelik met Rekord te praat nie. Morkel Smith, Jaco se broer het wel gesê dat Jaco’n vliegtuig ingeneur was en dat hy die eindste 60 Agwagon vliegtuig vermoedelik vir ’n toetsvlug geneem het.

Lees meer hier:

Vliegtuig val in die Noorde van Pretoria 

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button