Kruiskultuur bid aand vir Suid-Afrika
The Way jeugbedienaarsnetwerk bied 'n kruiskultuur bid aand vir Suid Afrika en hulle het 'n baie spesifieke tema

Die jeugbedienaarsnetwerk, The Way, bied op 6 Mei ‘n GAP Night SA aan waar 2 000 jongmense die aand voor die verkiesing vir die regering, die verkiesing en die land sal bid.
Die GAP Night sal by die Uniegebou (SAPD-gedenkteken) omstreeks 19:00 plaasvind.
Hiermee wil The Way ‘n stelling maak dat die jeug van Suid-Afrika wel die bestaande verskille wil en kan oorbrug, dat hulle hul beywer vir ‘n land wat sy kleurryke kulture en mense hoog ag, en dat hulle fokus op wat belangrik is – God se seën op Suid-Afrika.
The Way bestaan uit meer as 200 jeugbedienaars van verskeie kerke (groot en klein), kulture en skoolbedieninge en werk al vir amper tien jaar saam in hierdie netwerk.
Hulle bied ook elke jaar ‘n geleentheid, Bergbid, gesamentlik aan omdat die belangrikheid van gebed die een saak is waaroor alle kerke en bedieninge saamstem.
GAP Night SA sal aanbidding oor kultuurgrense heen insluit en gebedspunte sal deur die jeugleiers van die onderskeie kerke gelei word.
Navrae: GAP Night of The Way bel Janine van Niekerk by 082-885-7732.
