Geen uitweg vir Moot-misdadigers

54 verdagtes het die lang arm van die gereg gevoel.

Die Moot-polisie het onlangs gewys wie is baas toe hulle 54 arrestasie uitgevoer het.

Die polisie, sektorbestuurders, sosial misdaadvoorkoming en reserviste het Vrydagoggend omstreeks 06:00 die Moot-strate ingevaar en in agt ure se tyd 46 voetganger bron van gevaar en agt verbode immigrante sake gelê het.

Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van Moot-polisie, het gesê beslag is op motorinbraakgereedskap asook vermoedelik gesteelde eiendom gelê. “Hulle het selfs een gesoekte verdagte in ’n Sinoville-saak aangekeer. Die opruiming gaan op ’n gereelde grondslag plaasvind, maar die dae en tye sal verskil. Die doel is om sigbaarheid te verskerp om so misdaad te voorkom.”

Buiten die bovermelde arrestasies is daar ook verskeie ander arrestasies tydens die naweek uitgevoer. Dit sluit in drie vir winkeldiefstal, een vir oortreding ingevolge die Wet op Seksuele Misdrywe, een vir die besit van ’n gevaarlike wapen, twee vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, een vir die bestuur van ’n voertuig sonder ’n geldige rybewys en een vir opsetlike saakbeskadiging.

“Ander sake sluit in opsetlike saakbeskadiging, ontsnapping uit wettige bewaring, diefstal, bestuur onder die invloed van drank, roekeloos en/of nalatige betuur en die besit van dwelms,” het Jerling gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button