Debuut album vir Armandt

Ek Was Hier is ‘n moet kopie vir alle Afrikaanse musiekliefhebbers en te oordeel aan dié debuutalbum gaan Armandt nog groot dinge in die musiekbesdryf bereik.

Armandt – Ek Was Hier

As kind het Armandt Janse van Rensburg reeds geweet dat hy eendag musiek wil maak en op twaalf jarige ouderdom het die musiekgogga hom behoorlik beet gehad. Dit was egter eers tydens sy eerste jaar op universiteit toe hy tydens ‘n werksinkel aan Heinz Winckler voorgestel is dat sy talent vir die eerste keer werklik raakgesien is. En wat ‘n talent was dit nie. Heinz was so beindruk dat hy daar en dan besluit het om Armandt se album te vervaardig en op te neem. Ek Was Hier is ‘n moet kopie vir alle Afrikaanse musiekliefhebbers en te oordeel aan dié debuutalbum gaan Armandt nog groot dinge in die musiekbesdryf bereik. Sy liedjies is goed vir die gemoed en sal jou in ‘n japtrap na ‘n haarborsel laat gryp en kliphard laat saamsing.

Luister veral na Jou Net Liefhê, Kans en I Miss of loer na ‘n agter die skerms video van sy album bekendstelling hier.

Vier gelukkige lesers kan elk met die debuutalbum, Ek Was Hier van Armandt wegstap. Om in te skryf, SMS die woord ARMANDT en jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 15 Junie om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie. Wenners sal Maandag in kennis gestel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button