Verdagte brief het inwoners op hol

'n Brief van Telkom stel hulle in kennis dat tegnici in die omgewing werk aan kabels vir 'n network-opgradering en 'n reg het om enige perseel te betree vir hierdie doel.

Inwoners van Moot is onlangs op hol gejaag deur ‘n brief van Telkom oor toegang to private eiendom. Dit stel hulle in kennis dat tegnici in die omgewing werk aan kabels vir ‘n network-opgradering en ‘n reg het om enige perseel te betree vir hierdie doel.

Inwoners word in die brief herinner aan Telkom se statutêre reg in hierdie verband ingevolge die Elektroniese Kommunikasie Wet 36.Ansie Louw was agterdogtig toe sy die brief sien. Daar was nie ‘n oorspronklike briefhoof nie en “ek het gewonder of die gefotostateerde brief geldig is”, sê sy.

Volgens Allie Chiloane, Operationele Bestuurder van Telkom se “Network Field Services” is die brief wettig, en hy maan inwoners aan omTelkom te skakel indien hulle onseker is.“My nommer en twee van ons tegnici se nommers is juis om die rede op die brief. Inwoners is meer as welkom om ons te skakel as daar enige onsekerheid is.” Alle telkom werknemers is ook in besit van amptelike ID kaarte, en as die werkers ‘ n inwoner benader sal hul die kaart toon. Indien hulle dit nie doen nie, mag inwoners aandring om die ID kaart te sien voor hul enige persone op hul perseel toelaat.

Die network-opgradering sal nog ‘n paar maande duur. Allie Chiloane se telefoonnommer is 012-804-1702.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button