EntertainmentLifestyle

Amper tyd vir die jaarlikse dorpsfees

Die jaarlikse dorpsfees beloof om hope pret vir die hele familie te bied.

Moenie die jaarlikse dorpsfees misloop wat vanaf 5-7 September in Pierre van Ryneveld plaasvind nie.

Bekendes soos Bobby van Jaarsveld gaan ook ‘n draai by dié fees maak.

Dié fees beloof om hope pret vir die hele familie te verskaf. Nie net is daar verskeie stalletjies nie maar ook arena optredes wat perde vertonings, honde parade, trompoppies insluit.

Vir die mans is daar die Toyota 4×4 baan, dieselfde baan as by die 2013 Motorskou in Johannesburg.

Groot pryse is ook op die spel vir die Mnr & Mej Pierre van Ryneveld.

Volgens Estelle Henderson, Fees-Koordineerder,  is dié fees ‘n initiatief van die Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk waar die kerk iets teruggee aan die gemeenskap in die vorm van ‘n fees vir almal.

“Ons wil dit wat ons in ons gemeenskap doen en beleef met almal deel en so ander gemeenskappe beinvloed om so vir hulle mede-inwoners om te gee.”

Besoek gerus dié dorpfees se webtuiste vir meer inligting.

Kaartjies kos R120 en kan gekoop word op www.tixsa.co.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button