Kersfees hier kom ons

Gemeenskap en sake-ondernemings span saam om weeskinders 'n prettige Kersfees te bied.

Centurion Online, ’n maatskappy en webblad wat plaaslike ondernemings in Centurion bemark, reël tans hul kersfeesprojek ‘Santa’s Box Fairies’.

Die projek se oogmerk is om aan elkeen van die kinders in die President Kruger-kinderhuis ’n kersgeskenk te gee. Die geskenke sal bestaan uit ’n tandeborsel, tandepasta, seep, waslap, onderarmspuitgoed, skryfbehoeftes, ’n speelding, lekkers en ’n kerskaartjie. Die geskenke gaan dan in ’n skoendoos en kleurryke kerspapier toegedraai word.

Geskenke en bydraes word tot 29 November aanvaar en gaan op 6 Desember aan die kinders oorhandig word. Die projek is ‘n geleentheid vir groot ondernemings en die publiek om saam iets goeds vir die gemeenskap te doen. Unilever en Budget Insurance is ook by die projek betrokke.

Almal word aangeraai om deel te neem en te help. Elke skenker sal ‘n naam van een van die kinders in die kinderhuis ontvang, om vir hulle te koop wat hul kort. Enige geldskenkings sal gebruik word om benodighede aan te koop en die balans sal direk aan die kinderhuis geskenk word.

Enigiemand wat by hierdie projek betrokke wil raak, kan Dries Coetzee skakel by 071 317 0233 bel, of ’n epos stuur na santa@centuriononline.co.za

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button