Wen kaartjies vir Jennifer Zamudio-vertoning
Deel ‘n aand vol verrassings met dié sangsensasie en vele meer.

Jennifer Zamudio kom weer Centurion toe. Na haar suksesvolle teater-optrede vroeër vanjaar het die sangeres Jennifer Zamudio besluit om haar vertoning na die Centurion Teater te bring.
Sy sal die verhoog deel met bekende name soos Jennifer Jones, Juandré Marais en die skeppingskoning van haar titelsnit “Hart en Siel”, Rudi Claase. Aahangers kan uitsien na ‘n aand vol lekker luistermusiek.
Kompetisie: Een gelukkige leser kan ‘n dubbelkaartjie wen om Jennifer Zamudio op 22 Oktober by die Centurion Teater te sien. Om in te skryf, SMS die woord ZAMUDIO en jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 19 Oktober om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.
Vir nuus en meer opwindende kompetisies, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.
