Kind glo ontvoer, geslaan

’n Sewejarige kind van Eersterust is Dinsdagmiddag deur ’n onbekende man ontvoer en geslaan. Die seun is ’n paar meter van waar hy ontvoer is afgelaai.

Die Eersterust-polisie ondersoek ‘n saak van aanranding nadat ‘n sewejarige kind glo buite Laerskool PS Fourie ontvoer en geslaan is.

Konstabel Sam Shibambo, woordvoerder van die Eersterust-polisie, sê die kind is Dinsdagmiddag ná skool deur ‘n man in ‘n wit voertuig gegryp en in sy motor geboender.

“Die man het weggejaag en ‘n paar meter verder het hy die kind afgelaai. Die man het glo die kind geslaan terwyl hy bestuur het.”

Shibambo sê die motief vir die man se optrede is ‘n raaisel in hierdie stadium.

Die kind se ma sê dit het gelyk of iemand haar seun dwelms ingejaag het en bloedtoetse is gedoen om vas te stel of dit wel die geval was.

Die uitslag van die toeste is nog nie beskikbaar nie, sê Shibambo.

Hy maan ouers om met hul kinders se onderwysers ten alle tye in kontak te bly. “As ‘n ouer moontlik gaan laat wees sal dit goed wees as hulle dit aan die onderwyser oordra. Die kind kan dan in die klaskamer of binne die skoolterrein wag,” het hy gesê.

Shibambo kon nie bevestig of daar vorige soortgelyke gevalle was nie.

Teen spertyd kon Rekord nog nie by die skool of by die onderwysdepartement bevestiging van die voorval kry nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button