Pretoria Noord het nou sy eie teater
Wen kaartjies na vertonings by nuwe teater in Pretoria Noord.
Pretoria Noord het uiteindelik sy eie Teater wat deure oopmaak op die 20ste Junie 19h00. Sorina Erasmus, ook bekend as 7de Laan se Witbank Flooze is die hoofkunstenaar en Ricky Faber is die gaskunstenaar vir die aand. Die teater is geleë by straatnommer 288 in Ben Viljoen straat, oorkant die kerk op die eerste vloer.
Die Sinkplaat Teater is die eerste en enigste teater in die noorde van Pretoria. Teatergangers van die noorde hoef nou nie meer vêr te ry na ander Teaters of na feeste toe om na hulle gunsteling sterre of produksies op die planke te kyk nie – dis nou om die draai.
Die Sinkplaat Teater sal musiek, drama-,kinder-en-komedieproduksies op die planke sit waarna gehore kan kom kyk. Die Teater bied ook dramaklasse aan vir ons jong opkomende akteurs.
Die Sinkplaat Teater in samewerking met Rekord gee vier kaartjies weg vir 2 gelukkige wenners wat elke een ‘n metgesel kan saambring en met die openingsaand die kans sal hê om Die Flooze in lewende lywe agter die verhoog te ontmoet.
Die vertoning begin die 20ste Junie om 19h00, Kaartjies is R150 vir volwassenes en R100 vir kinders onder 13.
Staan ‘n kans om die kaartjies te wen deur jou naam, van, en hoekom jy van die Flooze hou te sms na 083 253 2278.
Add die Teater gerus op Facebook onder “Die Sinkplaat Teater”
Kontak Deon Vermaak by 083 253 2278 om kaartjies te bespreek.
KOMPETISIE: Twee gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen om Die Flooze Saterdag 20 Junie by die Sinkplaat Teater te gaan kyk. Om in te skryf, SMS die woord FLOOZE en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Donderdag 18 Junie 2015 om middernag. SMS’e kos R 1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.
Kyk:
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits
