Die groot opening van Pretoria Noord se nuwe teater
Die opening van die Sinkplaat Teater was 'n groot sukses.

Die groot opening van die Sinkplaat Teater in Pretoria Noord Saterdagaand was ‘n massiewe sukses.
Die gaste het die musiek en komedie van Ricky Faber en Sorina Erasmus, dalk beter bekend as die Die Witbank Flooze terdee geniet.
Die Sinkplaat Teater is die eerste teater van sy soort in Pretoria Noord. Dit is ‘n intieme bymekaarkom plek vir sowat 170 mense..
Volgens Deon Vermaak is die teater ideal vir musiek, drama en komedie.
“Ons bied drama klasse aan op Saterdae en Sondae. Die klasse is vir televisie en teater opleiding.”
Optredes by die teater gaan nog sorg vir baie vermaak vir die plaaslike gemeenskap.
Vir meer inligting skakel Deon op 083-253-2278.
Lees ook:
Pretoria Noord het nou sy eie teater
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.








