Pierre van Ryneveld dorpsfees is hier!

Moenie hierdie jaar se Dorpsfees in Pierre van Ryneveld misloop nie. Jy kan ’n kans staan om twee kaartjies te wen.

‘n Stewige opkoms van 5 500 mense word vanjaar verwag by die Dorpsfees wat in Pierre van Ryneveld aangebied deur die plaaslike gemeenskapskerk.

Die fees, wat die eerste keer in 2011 gehou is, lok elke jaar meer mense.

Dit vermaaklikheid, lekker kos, speletjies, musiekkonserte en vele meer aan. Die hoofdoel van die fees is om gemeenskapbetrokkenheid te bevorder en mense aan te moedig om vir mekaar om te gee en tyd te maak in ’n ontspanne feestelike atmosfeer.

Die feesprogram behels die volgende:

Dinsdag 1 September: Eerste uitdunne vir Mnr & Mej. Pierre van Ryneveld. JAM-aand: Jim Verster Straat.

Woensdag 2 September: 5 & 10km padwedloop. Tweede uitdunne vir Mnr & Mej. Pierre van Ryneveld. JAM-aand: Jim Verster Straat.

Donderdag 3 September: Borge-aand – Laerskool Monument Park en Laerskool Constantiapark.

Vrydag 4 September: Karlien van Jaarsveld, Kaleidoskoop.

Saterdag 5 September: Stalletjies. Arena – Mnr & Mej. PvR-finaal; hondevertoning; perdevertoning; Gary Forwood; Dalene Rall & Idols-finaal; line dancing.

Daar sal ook ’n kindervermaakterrein, 4×4 buitelug-uitstalling, Landrover-hindernisbaan, babakompetisie (kindersaal), skoledrama-opvoerings (kerksaal), kunsuitstalling (afdak), jeugfees en Lapa boekoase by die fees wees. Lollos en Lettie tree in die ouditorium op.

Die aankondiging van die gelukkige trekking-wenner sal ook tydens Saterdag se verrigtinge plaasvind.

Die Pierre van Ryneveld Dorpsfees en Rekord het twee kaartjies vir Karlien van Jaarsveld en Kaleidoskoop om weg te gee. Vul gerus die vorm hieronder in om ’n kans te staan.

Karlien van Jaarsveld nooi mense uit na die dorpsfees:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button