Splinternuwe album net betyds vir die rugby wêreldbeker
Onthou die dae van Leon Schuster se Hie kommie Bokke? #Rugby Bok Koors - Een span een droom, sal sorg vir gees by enige partytjie of braai, soos in die dae van die 1995 rugby wêreldbeker.

Die rugbywêreldbeker is om die draai en bokkoors loop hoog.
Oud en jonk droom van die dag wat die bokke weer die beker huis toe bring en ter viering van dié gebeurtenis het die room van ons land se musieksterre bymekaar gekom om hul ondersteuning deur middel van musiek aan die Bokke te bewys. Bokkoors is ‘n album propvol lekker-luistermusiek wat rugbyondersteuners tot laataand aan die kuier sal hou.
Onthou die dae van Leon Schuster se Hie kommie Bokke? Bokkoors sal sorg vir gees by enige partytjie of braai, soos in die dae van die 1995-rugbywêreldbeker.
Bokkoors bestaan uit 21 Springbok-rugbytreffers waarvan 15 splinternuut is. Die album spog met kunstenaars soos Kurt Darren, Gerhard Steyn, Nicholis Louw, Pieter Koen en ander.
Vir meer volg Bokkoors op Facebook. Die musiekvideo vir Bok Toi Toi deur kykNET-kunstenaars word Saterdagaand die eerste keer eksklusief op kykNET Jukebox bekendgestel.
Die album word deur Vonk Musiek in samewerking met kykNET uitgereik en Real Music Distribution versprei dit.
5 Gelukkige Get It lesers kan elk ‘n BokKoors album wen. Vul net die volgende vorm in en gebruik die sleutelwoord Koors. Die kompetsie sluit op 24 September. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.
Oops! We could not locate your form.
