Sien die manne van Nagligte in aksie
Wen kaartjies na nuwe rock-groep, Nagligte, se albumbekendstelling!

Die nuwe rock-groep Nagligte het onlangs aandag getrek met hulle eerste enkelsnit en liriekvideo, Dit Stop Nou.
Die reaksie vanaf die publiek was oorweldigend en Universal Music Suid-Afrika het nie gras onder hulle voete laat groei nie, dadelik die talent raakgesien en hierdie nuwe rockers opgeraap!
Dié nuwe musiekgroep bestaan uit drie lede, Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniel (Eddie) Brink (dromme). Alhoewel hulle nog nie lank in die kollig is nie, het Nagligte se storie reeds langer as ‘n dekade terug begin na Roof en Wynand mekaar op Universiteit ontmoet het.
Albei was aanvanklik skepties oor die ander se musikale vernuf, maar van die eerste optrede saam was die skrif teen die muur. Die musikale droom is egter vir maar soos meeste drome vir jare eenkant toe geskuif om stof te vergader tussen IRP5s.
Verlede jaar het die droom uiteindelik begin momentum kry toe hulle saam met Roof se broer, Eddie, begin liedjies skryf het.
“Ons was so moeg vir ons werke. Ons wou net iets doen om uit hierdie sieldodende bestaan te kom. Daar is groot planne vir Nagligte en ons sien uit om saam suksesvol te wees en saam Afrikaans te laat rock.”
Nagligte se debuut album word binnekort uitgereik en die amptelike bekendstelling vind plaas op 25 November by die Pretoria kuierplek Weiveld.
WEN: Get It het vyf dubbelkaartjies om weg te gee na Nagligte se amptelike bekendstelling. Om in te skryf, vul die onderstaande inskrywinsgvorm in.
Die sleutelwoord is Nagligte en die kompetsie sluit op 19 November. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.
*Winners need to collect their prizes at Capital Media’s offices at 32 Orpen Avenue, Lydiana, east of Pretoria within 10 working days of being notified.
*Volg Nagligte op Facebook en Twitter.
Oops! We could not locate your form.

