Bobby van Jaarsveld vier tien jaar

Dit is moeilik om te glo dat Bobby van Jaarsveld reeds tien jaar in die musiekbedryf is. En om dié geleentheid te vier het hy pas sy jongste album Bobby van Jaarsveld: 10 Jaar uitgereik.

Bobby van Jaarsveld: 10 Jaar bevat van Bobby se grootste treffers oor die afgelope dekade en behalwe vir almal se gunsteling treffers kan aanhangers ook uitsien na twee splinternuwe snitte.

Die eerste van die nuwe liedjies op die album is ‘n Engelse-snit en Bobby vertel dat hy nog altyd ‘n Engelse liedjie wou opneem. “Ek wou nog altyd iets in Engels doen, en ek is baie opgewonde oor It’s Always Been You, wat ek saam met André Scheepers geskryf het. Ons glo die publiek gaan ook baie daarvan hou.”

Die anders liedjie, Middernag Serenade is geskryf deur Johan Vorster sal tot elke romantiese hart spreek. As bonus het Bobby ook ‘n nuwe verwerking van sy treffer Boemelaar, een van sy persoonlike gunstelinge, ingesluit. “Ek het ook besluit om So klink ‘n hart, wat ek destyds vir Eden geskryf het, self op te neem vir hierdie album.”

IMG_4971

As sanger spog Bobby met al meer as 32 toekennings agter sy naam, wat beste manlike kunstenaar van die jaar tot album van die jaar insluit.

“Toe ek op agtien my eerste album uitgereik het, het baie mense my gewaarsku om nie so vroeg ‘n loopbaan in hierdie baie kompeterende bedryf aan te pak nie, maar vandag is ek baie bly ek het wel begin op daardie ouderdom!”

Oor sy sukses is dié aantreklike Pretorianer egter baie beskeie. “Dis alles net Genade.”

Vra ‘n mens hom watter van die 22 snitte op die album sy persoonlike gunsteling is, lag hy net. “Dis regtig moeilik om te kies. Dis soos om ‘n pa te vra watter kind is sy gunsteling. Liedjies soos Spieëltjie, ‘n Vrou wil dit hoor en My lewe draai om jou, is nogal na aan my hart. Dit het ook groot dinge vir my loopbaan beteken.”

Aanhangers kan ook uitsien na gunstelinge soos Eens in ‘n Leeftyd, sy treffer saam met die bekroonde sangeres Riana Nel, Butterflies saam met EdenEk moes jou gesoen het, die liedjie wat Bobby saam met Leah sing, asook die baie gewilde My lewe draai om jou, wat hy saam met die aktrise Lika Berning vir die fliek Liefling, gesing het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button