Wen groot met die sterre
Staan 'n kans om fantastiese pryse te wen die Kersfees.
Afrikaanse sterre vier saam met jou die vreugde van Kersfees! Kersfees Extravaganza is ’n unieke produksie wat landswyd, van Nelspruit en Gauteng tot die Kaap, opgevoer sal word. Jou gunsteling kunstenaars bring die wonderlike gees en sprankel van die grootste jaarlikse gebeurtenis vanoor die hele wêreld, die tradisionele storie van Kersfees, terug op die planke, in Kersfees Extravaganza!
Met unieke dekor, tradisionele Kersliedere en pragtige uitrustings is hierdie ‘n unieke vertoning wat nie gemis kan word nie! Al die sterre sal met ’n briljante orkes die verhoog deel en bydra tot ‘n onvergeetlike aand. Kersfees Extravaganza, met Gerhard Steyn, Manie Jackson, Nádine, Jay, Lianie May, Dewald Wasserfall, Louis Loock, Willem Botha, Rouchelle Liedemann en Brandon October – tien gunstelinge in ‘n produksie wat die wonder van Kersfees weereens herroep!
Kom deel in hierdie fantastiese Kersfees Extravaganza en beleef die wonder van Kersfees opnuut op die volgende datums:
– 12 Desember, Nelspruit, AGS Cummunio Kerk.
– 13 Desember, Bloemfontein, WIndmil Casino.
– 16 Desember, Johannesburg, Carnival City.
– 19 Desember, Port-Elizabeth, Boardwalk Casino.
– 20 Desember, George, Tramonto.
– 22 Desember, Kaapstad, Grand West Casino.
Deure open om 19:00 by alle bogenoemde plekke. Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket. Vir enige verdere inligting besoek gerus die webtuiste: www.kersfeesextravaganza.com
KOMPETISIE:
Staan ‘n kans om die volgende te wen. Al wat jy moet doen, is die aansoekvorm invul hieronder, en tik gerus die woord KERSFEES in die sleutelwoordafdeling.
- Een familie BBP packet wat bestaan uit vier kaartjies wat ‘n “meet & greet” met Nádine en Brandon October insluit.
- ‘n Kersfees Extravaganza geskenk pak.










