CompetitionsLifestyle

Wen kaartjies om Mignon “Mossie” van Wyk te gaan kyk

Staan 'n kans om lekker fliek kaartjies te wen.

Bekroonde Suid Afrikaanse regisseur Darrel Roodt se nuwe grootskerm film, Mignon “Mossie” van Wyk, begin te wys by Nu Metro Menlyn Park en Woodlands in Pretoria vanaf Vrydag, 6 Mei. Dis ‘n hartroerende drama oor tienerliefde en nog baie meer, en word sterk aanbeveel vir almal op soek na gehalte plaaslike vermaak.

Erica Wessels, Paul Du Toit, Deanre Reiners, Elzette Maarschalk, Johan Scholtz, Devon Hofmeyr en Izel Bezuidenhout is van die akteurs in die rolverdeling.

Die fliek se klankbaan bevat onder meer Karen Zoid en Francois van Coke se treffer, “Toe Vind Ek Jou”.

Ek is Luna van Wyk, ‘n 14-jarige-dogter. Hierdie is die verhaal van Mignon “Mossie” Van Wyk, my ouer sussie. O, en haar beste vriend Adriaan Prinsloo. Ek dink sy moet met hom trou, maar dit is net my opinie. Vir een of ander rede raak Mossie halsoorkop verlief op ouer ouens – soos Leon Rossouw – wat byna nooit ‘n hemp aan het nie.

Hierdie is ‘n verhaal oor liefde, uit die aard van die saak, maar dit handel meer oor hoe dit is om ‘n tiener te wees en die klappe wat die lewe kan uitdeel.

Dit is ‘n verhaal oor monsters en hardloop skoene; oor “laat-gaan” en “vas-hou”; oor vriendskap.

Dit is ‘n verhaal oor my sussie en hoe sy leer om te vlieg.

Vir meer inligting en kaartjiebesprekings, kliek deur na www.numetro.co.za of skakel die Nu Metro hulplyn 0861 246 362, of koop kaartjies by jou naaste Nu Metro teater.

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een stel dubbel kaartjies te wen om te rolprent te kyk. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die aansoekvorm in hieronder en gebruik die woord ‘MOSSIE’ in die sleutelwoord blokkie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button