Pienkvoet op pad vir bekende Afrikaanse rocker
Kan jy raai watter Suid-Afrikaanse ster binnekort pa gaan word?

Die Afrikaanse rock-ster Francois van Coke en sy vrou Lauren Badenhorst gaan binnekort ouers word.
Van Coke het Donderdagoggend op sy Facebook-blad aangekondig dat Lauren ’n dogtertjie verwag.
“Daar is ’n klein Van Cokie op pad. Sy kom in November en ons kan nie wag nie,” het hy geskryf.
Van Coke sê hy en sy vrou is opgewonde om ouers te word.
Van Coke is deel van die rock-groepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Hy maak deesdae ook musiek as ’n solokunstenaar.
Hy sal vanaand by Innibosfees in Nelspruit optree.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ’n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
