CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: Cuppa For Cansa met ‘n verskil

Corrazerwas en Lizandra Winter sal afsonderlik deel uitmaak van die voorskou, terwyl Joshua Na Die Reen die verhoog sal betree as hoofkunstenaar.

Op 28 Julie 2016 bied Margy Pretorius- Schwarzkopf Professional Mrs South Africa Finalis, ‘n Cuppa For Cansa met ‘n verskil aan. Dit gaan ‘n aand wees gevul met musiek en kuns wat beloof om oud en jonk te bekoor.

Corrazerwas en Lizandra Winter sal afsonderlik deel uitmaak van die voorskou, terwyl  Joshua Na Die Reen die verhoog sal betree as hoofkunstenaar.

Oorspronklike kunswerke deur die talentvolle kunstenaar “Mies” sal ten toon gestel word en een van haar werke sal ook opgeveil word ten bate van Cansa tydens die vertoning.

Kom geniet ‘n heerlike aand saam en ondersteun hierdie wonderlike organisasie. Ontmoet n paar van die Mrs SA finaliste en kom bederf jou sintuie met kuns en musiek uit die boonste rakke.

WEN

Twee Rekord-lesers staan ‘n kans om dubbelkaartjies na die vertoning op 28 Julie 2016 by die Atterburyteater. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die inskrywingsvorm hieronder in en gebruik die word ‘CUPPA’ in die sleutelwoord blokkie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button