CompetitionsLifestyle

Twee vroue twee moorde

Drie ikone van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf – Sandra Prinsloo, Marius Weyer en Sharleen Surtie-Richards – is saam terug op die silwerskerm in Twee Grade van Moord.

Drie ikone van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf – Sandra Prinsloo, Marius Weyer en Sharleen Surtie-Richards – is saam terug op die silwerskerm in Twee Grade van Moord.

Hierdie spanningsvolle nuwe Afrikaanse drama is te sien by Nu Metro Woodlands en Menlyn Park in Pretoria vanaf Vrydag, 22 Julie.

Twee vroue en twee moorde.

Die een is manslag wat ’n weerspieëling is van die uiterste vorm van selfgesentreerdheid.

Die ander een is die onselfsugtigste handeling van alle handelinge.

Aleksa Cloete, ’n bekende Kaapstadse sielkundige, en haar pasiënt, Tanya Basson, gaan uitvind wat die verskil tussen die twee is – ongeag wat die wet daaroor sê.

Aleksa (Sandra Prinsloo), ’n bekende Kaapstadse sielkundige, het ’n blitsverkoper met die naam “Love Doesn’t Hurt” geskryf, maar ten spyte van ’n lang en gelukkige huwelik met ’n toegewyde eggenoot, Ben (gespeel deur Marius Weyers), is haar begrip van die liefde volkome intellektueel.

Hul enigste kind, Christiaan (gespeel deur Roelof Storm), moes in sy grootwordjare staatmaak op sy “tweede ma”, die gesin se getroue huishoudster Fy Abrahams (gespeel deur Shaleen Surtie-Richards) vir enige broodnodige versorging of vertroeteling.

As gevolg hiervan tree Christiaan soms openlik antagonisties teenoor Aleksa op.

Ten spyte van Aleksa se persoonlike tekortkominge word ’n werklikheidstyl-dokumentêre rolprent gemaak oor haar deurbraak terapeutiese werk met vroue wat pyn met liefde verwar.

Een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronjé), het ingestem dat haar lewe as ’n gevallestudie in die dokumentêre prent gebruik word.

Een Vrydagaand, nadat Ben en Aleksa ’n heerlike aand saam deurgebring het, kry Ben onverwags ’n hartaanval.

Hoewel hy dit oorleef, is die gevolge daarvan vir hom erger as die dood omdat hy van sy nek af ondertoe verlam is.

En nie lank daarna nie, daag Tanya by Aleksa se huis op met die nuus dat sy haar vriend tydens ’n onstuimige bakleiery doodgemaak het.

Tanya word van moord aangekla waarna ’n uitgerekte regsproses begin. Aleksa besef dat sy Tanya se emosionele gemoedstoestand heeltemal onderskat het.

Namate die storie ontwikkel, word Aleksa gedwing om haar integriteit te bevraagteken en haar onvermoë om werklike opofferings te maak vir die mense waarvoor sy omgee, in die oë te kyk.

Einde ten laaste word sy met die vraag, “wat sou liefde nou gedoen het?”, gekonfronteer.

Sandra Prinsloo en Marius Weyers is albei ervare, hoogs gerespekteerde akteurs en huishoudelike name in Suid-Afrika.

Hulle het nog net in vier rolprente saam gespeel, onder meer die internasionaal bekende The gods must be crazy (1981).

Hulle het in 1989 laas teenoor mekaar in ’n rolprent opgetree – wat beteken dat Twee Grade van Moord ’n kinematiese reünie vir hulle albei en ’n mylpaal in Suid-Afrika se rolprentgeskiedenis is.

Een gelukkige Rekord-leser staan die kans om een dubbelkaartjie te wen. Vul die onderstaande vorm in met die sleutelwoord TWEEGRADE.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button