KOMPETISIE: Wen kaartjies om ‘n ‘spookagtige’ ervaring in Pretoria te beleef
VIDEO: Daar lê 'n skrikwekkende naweek in Pretoria voor. Moenie die spookbus misloop nie.

Rekord-lesers kan dubbelkaartjies wen vir ’n unieke spookbus-toer op Saterdagaand deur die donker strate van die Jakarandastad.
Dié toer word net sewe keer per jaar aangebied, wat beteken dat hierdie ’n uitsonderlike geleentheid is.
Op die toer van sowat 4½ uur, sal lesers luister na van die spookverhale wat hoofsaaklik in Pretoria, maar ook elders in die land, afgespeel het.
Die toer bied wenners ook ’n besonderse geleentheid om die geskiedenis van die stad en sy ou geboue te herontdek.
Wenners kan meer leer oor die bo-natuurlike en die verskillende soorte geestesverskynsels om ons.
Meer besonderhede by www.spookbus.co.za
Die Pretoria spookbus-toer op 7 April is ter viering van die uitreiking van ’n bangmaker-rolprent Winchester.
Dit handel oor die wêreld se grootste spookhuis, op ’n stuk grond sowat 50 myl buite San Francisco.
Die huis is gebou deur Sarah Winchester, erfgenaam van die Winchester fortuin. Die huis het sewe verdiepings en honderde vertrekke.
Dit lyk soos ’n monsteragtige woning. Binnekant dwaal die denke van ’n versteurde vrou, Sarah.
Sarah bou nie die huis vir haarself, haar familie of vriende nie.
Sy bou dit as ’n tronk met asiel vir honderde wraaksugtige spoke en geeste.
Die mees skrikwekkende spook het onopgeloste kwessies met die Winchester familie.
Kyk na die lokfilm:
KOMPETISIE:
Staan ‘n kans om een dubbel kaartjie te wen om die spookbus by te woon. Om die kompetisie in te skryf, vul in die onderstaande vorm en gebruik “SPOOKBUS” as die sleutelwoord.


