SKOOL: Wieries algehele wenners in rugby
Die Wieries is die algehele A-bondwenners van 2018.
Wierdapark se rugby is besig om van krag tot krag te gaan en dit is lekker om te spog met wat ons al hierdie jaar bereik het.
Die Wieries is die algehele A-bondwenners van 2018.
Die eerste span wen vanjaar die liga vir die sewende keer vanaf 2006.
Die o.9A-, o.11A- , eerste span en tweede span wen elkeen hulle liga.
Die o.9B-rugbyseuns stap weg as naaswenners.
Al ons A-Spanne speel in die Blou Bulle finaal waar hulle almal reeds hul semi-finaalrondes gewen het.
Uit die vier A-Bond-liga’s speel Wierdapark in drie in Pretoria.
Laerskool Wierdapark wen die A-Bondliga algeheel met meer as 30 punte en is dus die Algehele Rugbyskool in Pretoria vir 2018.
Ons is ongelooflik dankbaar vir ons passievolle en toegewysde afrigters.
Ons harte bars van trots vir ons gedissiplineerde leerders wat net nooit wil opgee nie.
Ons is voorwaar geseënd met ’n goeie rugbyjaar!



Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
